Leah
Leah is vyf-en-veertig, middeljarig, ’n weduwee met 'n Duitse boyfriend deesdae. Sy bly in Blouberg, Kaapstad. Sy het vier kinders, drie kleinkinders, een kanarie en vyf skilpaaie. Haar eerste gedig skryf sy reeds op ouderdom van 14 en die laaste een sal sy op haar sterfbed skribbel, terwyl haar dogters melktert bak in die kombuis.
(dood van my suster (21) in haar slaapkamer)
Leah
2006-11-08
My pa hou my hand styf vas en stoot dan jou kamerdeur oop: Hannetjie my kind, word wakker! roep hy oor en oor en al is ek net vyf sien ek alles hier in jou kamer is té wit: wit jou gesig, wit is die laken, wit is jou lyf en staar ek ...
Knap by Koekenaap verby
Leah
2006-11-08
Knap by Koekenaap verby waar die pad links afdraai na Blomveldsevlei lê Platskraal se lappe groen aarde oorboordens toe vol met wingerd en gousblom. Kyk net hoe astrant steek die daisies kop-uit bo die warm sand. Tussen Hanepoot en Steen ...