My pa hou my hand styf vas
en stoot dan jou kamerdeur oop:
Hannetjie my kind, word wakker!
roep hy oor en oor
en al is ek net vyf
sien ek alles hier in jou kamer
is té wit: wit jou gesig, wit is die laken, wit is jou lyf
en staar ek verwonderd na
die blink van jou mooi swart hare
wat rus op jou marmer voorkop,
die lewe in jou kuif.

