Koos Holtzhausen

Koos Holtzhausen was voor sy aftrede dosent in elektriese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is ’n professionele ingenieur en het ’n PhD in ingenieurswese. Na sy aftrede in 2001 verwerf hy ook die grade BA Hons (Duits), MPhil (Joernalistiek) en BA Hons (Vertaling) en studeer Frans tot op derdejaarvlak. Benewens ’n steeds aktiewe betrokkenheid by sy vakgebied, elektriese energie, stel hy ook belang in die wetenskapsjoernalistiek en Afrikaanse en Duitse letterkunde, veral biografieë en historiese romans. 

Ontelbaar, oneindig, ewigdurend

Koos Holtzhausen Menings 2017-01-23

"As die bul se gewig deur die loop van een dag meer sou toeneem as wat Milo van Kroton se krag toeneem, sou Milo sy moses teëkom."

Nathan der Weise van Gotthold Ephraim Lessing vandag nog steeds, dalk éérs, relevant

Koos Holtzhausen Menings 2016-07-27

"Hierdie verhaal is ... baie relevant in hierdie tyd van onverdraagsaamheid en fundamentalisme."

In reaksie op Eusebius McKaiser: Spreektaal versus skryftaal

Koos Holtzhausen Menings 2016-06-20

"Eusebius McKaiser kon dus gerus maar Afrikaans met sy natuurlike aksent gepraat het."

Die Eurovision-liedjiekompetisie: oud, maar nog nie koud na 61 jaar?

Koos Holtzhausen Menings 2016-05-18

"[D]it wil voorkom asof die Eurovision-liedjiekompetisie – wat deur die jare allerweë as ’n saambindende faktor beskou is vir die deur oorlog verdeelde Europa – hom nou vasgeloop het teen die realiteit van die huidige wêreldpolitiek."

Anthony Pym se lesing: The role of translation in language policy

Koos Holtzhausen Menings 2016-04-19

"Al is daar minder as 10 miljoen Katalaanse sprekers, bestaan daar ’n maatskaplike wil om die taal te bevorder."

Dana Snyman se Nkandla in Hiervandaan

Koos Holtzhausen Menings 2016-04-04

"'Dít is wat sommige Afrikaners, op ’n sielkundige vlak, nodig het: ’n Nkandla' (bladsy 151). Dana pak dan die reis aan op soek na sy en sy pa se Nkandla."

2015, Internasionale Jaar van Lig: ’n besinning oor Goethe se kleureteorie

Koos Holtzhausen Seminare en essays 2015-10-05

Kleur kom nooit alleen nie. In hierdie artikel word Goethe se alternatiewe siening van kleur in die herinnering geroep en herwaardeer.

Top