Foto-onderhoud: Keina Swart oor Koms van die biblioteekbus
2016-04-19"Naderhand kom jy agter die veiligste plek is in jou eie kop. Jy leer om te luister en te kyk wat die ander doen, want dit is veiliger as om iets te doen of te sê. Jy word die biblioteektannie op elke dorp se beste vriend en lees in boeke van plekke waar dit Kersfees sneeu of van diere soos koalabere en Bengaalse tiere en besluit jy wil ook eendag soontoe gaan."
