Julian-Rodriques Jacobs

Julian-Rodriques Jacobs is ’n jong graad 8-onderwyser aan Cederberg Akademie op Citrusdal. Hy het sy onderwysgraad in 2016 aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy’t in 2017 sy onderwysloopbaan in Kleinvlei, Eersterivier afgeskop. Hy’t egter in 2020 na die platteland teruggekeer, aangesien hy ’n plattendse, kaalvoetkind is. Hiér is hy tans besig om, onverpoos, die ingesteldheid van die jeug vir die beter te verander, met ’n onkonvensionele benadering en Christelike waardes.

My generasie

Julian-Rodriques Jacobs Poësie 2021-02-05

"liefde  
so ’n eenvoudige woord  
met so komplekse betekenis 
meer ’n leefwyse as uitdrukking 
maar sê, sê ons dit so graag"

naakte, vergete waarheid

Julian-Rodriques Jacobs Skryfkompetisies 2015-05-14

die Afrikaner se verhaal

Top