kom,
sit,
luister,
en ek vertel jou die verborge geheim,
met woorde wat plek-plek rym,
van jou lewens- en bloedlyn:
jou vader,
met sy volksvreemde gewaad
en ligte gelaat,
kom aan die kaap en anker gooi
wie sou ooit kon dink dat
jy
eeue later alleen daarby sou baat
word berg en vallei vervang
met pad en brug
keer hy die hele fokken plek
eiehandig
op sy rug –
so aantreklik was ons moeder vir hom;
met haar kroeskop en knopiesgat ...
beter is jy as ons moeder,
maar nie goed genoeg vir jou vader
koop hy jou om met grond,
verkry jy vry status
wie sou ooit kon dink dat
jy
eeue later alleen daarby sou baat
vergete is jou moeder
vergete is ons, jou boeties en sussies
ag jy jouself beter
o
n
d
e
r
d
r
u
k
jy ons

