Jannike Bergh

Jannike Bergh het in 2023 as assistentproduksiebestuurder by die LitNet-redaksie aangesluit. Haar liefde vir taal en skryf vind uiting in haar loopbaantrajek en persoonlike ondernemings, met ’n spesifieke klem op kulturele samewerking tussen Suid-Afrika en Frankryk.

Sy het ’n geruime tyd in Frankryk gewoon, waar sy ’n meestersgraad in kultuurstudies voltooi en as vertaler gewerk het. As ’n musiekliefhebber met ’n agtergrond as vryskutskrywer oor plaaslike musiek het sy ook die aanlyn uitruilprojek Parissoweto gestig om onafhanklike Suid-Afrikaanse en Franse musiekgroepe ten toon te stel en te bevorder.

In haar vrye tyd dra sy graag by tot kulturele publikasies, waaronder die mees onlangse voorbeelde op in KlyntjiHerri en Vrye Weekblad gevind kan word. 

Die Reünie in die Kelder: Valiant Swart en die Akkedis Band: ’n onderhoud met Rudi Dennis

Jannike Bergh, Rudi Dennis Musiek 2025-05-07

"Ons het saam getoer in 1998. Vier ouens, twee bands. Valiant was op dromme vir Akkedis en ek op acoustic. Dan switch ek en Valiant en word dit die Valiant Swart Band!" Hierdie Saterdag, 10 Mei, herenig Akkedis met Valiant Swart by die Lourensford Kelder in Somerset-Wes. Rudi Dennis, trom- en kitaarspeler, vertel meer oor dié geleentheid.

Hasbara en die Trump-era: ’n LitNet Akademies Weerdink-onderhoud met Marthie Momberg

Jannike Bergh, Marthie Momberg Onderhoude 2025-05-07

"Trump gooi hout op die vuur. Sy kru uitsprake en sy openlike minagting vir internasionale reg het gevolge. Onder sy bewind versnel die dinamika en die gruwelhede word op die spits gedryf. Daar is egter ook – vanuit Trump en sionistiese ondersteuners se perspektief – onbedoelde gevolge."

Die grafiese roman en edusemiotiek in taalverwerwing: ’n onderhoud met Cornelia van der Berg

Jannike Bergh, Cornelia van der Berg Onderhoude 2025-04-17

"In plaas daarvan dat onderwysers net feite of waardes aan leerders oordra, help edusemiotiek leerders om krities te dink oor wat hulle sien, hoor en lees, en om die dieper betekenisse daaragter te verstaan. Dit maak leerders bewus van die rol wat kulturele en sosiale invloede speel in dit wat as 'reg' of 'verkeerd' beskou word. Edusemiotiek leer jou nie net wat om te dink nie, maar hoe om oor betekenis te dink."

Gekkedag 2025: Om oor ’n swart hond te struikel

Jannike Bergh Menings 2025-04-09

"Ek het ’n paar jaar gelede my knie erg beseer toe ek in die donker oor ’n swart hond gestruikel het."

Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann: ’n onderhoud

Jannike Bergh, Gielie Hoffmann Skrywersonderhoude 2024-11-11

"Sosiale media het my vangnet geword – hetsy in die oomblik of later as ek notas uit my joernaal gaan verwerk het. Daar is ’n driftigheid in my skryfwerk op sosiale media wat soms verlore gaan as ek agter my rekenaar inskuif 'om te gaan skryf'." Gielie Hoffmann gesels met Jannike Bergh oor sy boek, Naam van dier dorp, wat op 16 November in Pretoria bekendgestel word.

Metropolar at Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: a review

Jannike Bergh Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-03

"'What happens to a mine / When all the gold is gone?' Weaving together 35 minutes of hand-drawn animations and a spoken-word script created 10 years ago, the multimedia project Metropolar is back in the form of IIIFoet – Jotam Schoeman (animation film, guitar and vocals), Modise Sekgothe (narrator and vocals) and James Robb (sound design). The three artists come together to create a soundscape that contains the tug and pull of the interconnectedness and apartness of the South African experience and the polarities contained within the country’s most commanding metropole, Johannesburg."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Schalk Joubert

Jannike Bergh, Schalk Joubert Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

"Die Kaap het ’n baie definitiewe en sterk jazzgeskiedenis, en ek is bly om te sien dat dit aanklank vind by ’n jonger geslag. Ons kan trots wees daarop en moet dit soveel as moontlik ondersteun." 

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe

Jannike Bergh, Jaco van der Merwe Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-19

"Worldplay is een van my gunstelingprojekte. Dis basies soos ’n game show, waarin ’n handvol digters en ’n handvol musikante beurte maak om saam te improviseer. Dis amper soos Spin the bottle: ’n Digter en ’n musikant se name word getrek en dan moet hulle saam op die verhoog ’n stuk opvoer. Die collaborations is 100% unrehearsed en spontaan."

Ikonoklas!

Jannike Bergh Menings 2024-08-01

"Philippe Katerine, ’n Franse national treasure, is so Frans dat Gérard Depardieu sy skoonpa is (wat in elk geval nie vandag ’n baie woke ding is om te wees nie). Maar sy onbekendheid buite Frankryk bied toe later ’n verdere laag van komiese effek: hy is nou die random blou ou in die middel van ’n globale geloofsherrie."

Macron speel Russiese roulette: Is 7 Julie 2024 die belangrikste dag in moderne Franse geskiedenis?

Jannike Bergh Menings 2024-07-05

"Het Macron sy hand op 9 Junie oorspeel toe hy ’n blitsverkiesing geroep het terwyl die verregse Rassemblement National aan Matignon, die Franse parlement, se deure klop? Of is die Jupiteriaanse mystic besig met iets wat die gepeupel nie verstaan nie?"

A voice from within: Decolonising the Palestinian mind | A conversation with Haidar Eid

Jannike Bergh, Haidar Eid Interviews 2024-06-27

"Gaza has become the centre of the universe, the same way Soweto was the centre of the universe." A book discussion and video interview with Haidar Eid, author and professor in postcolonial studies and postmodern literature at al-Aqsa University, Gaza City.

Suidoosterfees 2024: Lipkap – ’n onderhoud met Frazer Barry

Jannike Bergh, Frazer Barry Suidoosterfees 2024-04-24

"Die Khoekhoegowab-taal in die produksie word voorgehou as ’n ervaring in plaas van ’n verduideliking. Die taal se klanke is geweldig kompleks en ons het Jan van Riebeeck se 'mis-vat' van die Khoi-Khoi-klanke as voorbeeld."

Suidoosterfees 2024: Speed politics for bewildered South Africans – an interview with Marianne Thamm

Jannike Bergh, Marianne Thamm Suidoosterfees 2024-04-18

"My life is like a Netflix movie … How can I not share this."

Power politics in the Middle East: How the global North-South divide capitalises on trauma

Jannike Bergh, Matthieu Rey Interviews 2024-01-26

"South Africa’s case against Israel is very important and symbolic for the world. This is my opinion as someone from the global North: It demonstrates the possibility of real cosmopolitanism, the only answer to racism."

Om na stilte te luister: Bacchus Nel gesels oor sy nuwe album, Vaalrivier

Jannike Bergh, Bacchus Nel, Ronel Kellerman Musiek 2024-01-25

"Ek dink die term Afrikaanse musiek is ’n bietjie breed. Dit sluit álles in wat in Afrikaans gedoen word, waar ek voel mens moet so ’n bietjie meer onderskeid tref. Ek sê dit is musiek ín Afrikaans. En ek dink musiek in Afrikaans kan mos wêreldmusiek ook wees."

Top