Jan Schaafsma

Jan Schaafsma is op 11 Junie 1952 in Gordonsbaai gebore. Sy professionele loopbaan bestaan uit dienstydperke by die Parlement, Human & Rousseau Uitgewers, Struik Uitgewers en ’n lang tyd tuis as vryskuttaalpraktisyn, meestal as vertaler. Hy het onder meer Tony Leon goeie Afrikaans laat praat deur sy toesprake te vertaal.

Sy skrywersloopbaan bestaan uit drie romans, naamlik Die Jerigo-krisis (Human & Rousseau, 1986), Die Simson-opsie (Human & Rousseau, 1998) en Dubbelspiraal (Queillerie, 2018), almal onder die skuilnaam André Jansen. Sy kortverhaal "Onteiening" is in die Stellenbosse Woordfeesbundel vir 2019 opgeneem. Hy is pas vir sy kort-kortverhaal "Die Kunstenaar" as die wenner van die webwerf Skrop se eerste kompetisie vir verhale van minder as 500 woorde aangewys.

Hy woon die afgelope 20 jaar in Bettysbaai tussen die berg en see in die fynbos.

Salvator ex machina | Wetenskapfiksiekompetisie

Jan Schaafsma Fiksiekompetisies 2023-12-21

"Dinge raak doodernstig en gans te militaristies na sy sin. Hulle’t hom selfs ’n MX404 in die hande gestop en gewys uit watter kant die straal kom, bid jou aan!"

Skryfkompetisie: "Ek Jane, jy Grysbaard"

Jan Schaafsma Skryfkompetisies 2019-07-30

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Jan Schaafsma: "Berekenende moordenaars – jagters van stompape. Krygers wat die aangrensende Kahama-sjimpansees in ’n oorlog van vier jaar byna uitwis. Dit is wat Jane Goodall die Kasakela-sjimpansees ook noem. Aap hulle ons na, of is moord en doodslag bloot deel van ons en hul gene?"

Top