Jaco du Plooy

Jaco du Plooy studeer BA Taal en Kultuur aan die Universiteit Stellenbosch met Afrikaans en Frans as sy hoofvakke. In 2016 behaal hy sy honneursgraad in Frans waarna hy in Frankryk gaan werk. Hy keer terug na Suid-Afrika en bied Frans aan by Paul Roos Gimnasium tot einde 2017. Hy is tans werksaam in die Departement van Moderne Vreemde Tale by die Universiteit Stellenbosch en hoop om eendag Frans en Afrikaans nader aan mekaar te bring deur vertaling.

Afrique mon désir: Indrukke van ’n groentjieresensent

Jaco du Plooy Musiek 2018-03-23

"Dié musikale produksie, wat al sedert 2016 in wording is, bring klank en beeld en weef tale soos Afrikaans, Frans, Lingala en Swahili saam tot ’n kulturele tjalie wat enige Afrikaan met trots kan dra."

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Finale weergawe van "Nomfundo" deur Jaco du Plooy

Jaco du Plooy PEN Afrikaans 2017-02-02

Lees die finale weergawe van Jaco du Plooy se kortverhaal, "Nomfundo".

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Onder eng’le

Jaco du Plooy PEN Afrikaans 2016-11-30

Lees die tweede weergawe van Jaco du Plooy se verhaal in PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool vir belowende jong skrywers.

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: In alle veiligheid

Jaco du Plooy PEN Afrikaans 2016-10-10

Aangesien PEN Afrikaans graag ontluikende stemme wil ondersteun, is besluit om ’n aanlyn slypskool in samewerking met LitNet op ons webportaal aan te bied vir verdienstelike inskrywings aan ons New Voices-kompetisie. Lees Jaco du Plooy se inskrywing, "In alle veiligheid".

Top