Jaco Beyers

Jaco Beyers is gebore in Kempton Park en het na skool teologie aan die Universiteit van Pretoria studeer. Tydens die tyd wat hy voltyds predikant in verskeie gemeentes was, het hy sy doktorale studie in Godsdienswetenskap aan die Universiteit van Pretoria oor die tema sinkretisme voltooi. Gedurende hierdie tyd studeer hy aan die universiteite van Marburg, Heidelberg en Bayreuth in Duitsland. Sedert 2011 is hy voltyds by die Universiteit van Pretoria ’n dosent in die department Godsdiensstudies. Hy is sedert 2015 die programbestuurder vir Bybel- en Religiestudies. Hy was gasdosent by die Universiteit van Wenen in Oostenryk (2014), die Universiteit van Porto in Protugal (2017) en by die J. Seyle Universiteit in Slowakye (2025). In 2019 is hy aangestel as departementshoof van Godsdiensstudies en in 2019 as die adjunk-dekaan gemoeid met voorgraadse onderrig aan die Fakulteit Teologie en Religie by die Universiteit van Pretoria. In 2023 word hy bevorder tot vol professor. Sy velde van navorsing sluit sekularisasie en wêreldgodsdienste in. Hy was lid van ’n navorsingsspan gekoppel aan die CMR 1900 navorsingsprojek (Universiteit van Birmingham) wat gehandel het oor die Christen-Moslem interaksie soos dit histories afgespeel het in die verskillende wêrelddele. In hierdie projek was hy die sub-redakteur van die publikasie wat in ’n ensiklopedie-reeks uitgegee is. Hy was al gasspreker by talle nasionale en internasionale konferensies.

SteedsDink met LitNet Akademies: Jaco Beyers oor sy akademiese navorsing

Jaco Beyers LitNetKanaal op YouTube 2025-11-25

In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor onder meer digitale nalatenskap, genadedood, sekularisasie en sinkretisme. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

Kollig op akademikus Jaco Beyers: die verband tussen teorie en praktyk

Jaco Beyers LitNetKanaal op YouTube 2025-11-25

In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor sy studies, sy ervaring as dominee, die verband tussen teorie en praktyk, en toekomstige navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Theological Perspectives on Digital Afterlife

Jaco Beyers Academic research 2025-08-15

“Digital afterlife can be evaluated positively in the sense that it illustrates the human capacity to generate new and alternative forms of mourning.”

Teologiese perspektiewe op digitale nalatenskap

Jaco Beyers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-08-15

“Digitale beelde van die afgestorwene kan eerbiedig aangebied word as ’n herinnering aan die bestaan van die afgestorwene, maar nie as ’n plaasvervanging of illusie van die bestaan van die afgestorwene nie.”

A multi-perspective reflection on euthanasia 

Jaco Beyers Academic research 2021-12-15

"A balance is necessary: protect life, but do not prevent death at all costs. What should weigh more heavily – the right to live or the right to die?"

’n Veelkantige besinning oor eutanasie

Jaco Beyers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-12-15

"’n Balans is belangrik: beskerm die lewe, maar moenie die dood verhinder nie. Om uitvoering daaraan te gee, sal daar besin moet word oor wat die swaarste weeg: die reg om te lewe of die reg om te sterwe."

Top