Isabeau Botha

Isabeau Botha hou van stories lees en soek en skryf. Sy het op Stellenbosch grootgeword en Berlyn en Kaapstad opgesoek, maar die Boland te veel gemis – daarom is sy en haar gesin tuis op Wellington. Ná ’n honneursgraad in joernalistiek werk sy as joernalis, fotograaf en webwerfredakteur. Daarna sluit sy by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl aan om persepsies oor dié museum en monument te verander. Haar volgende uitdaging is om as deel van die Agri-Expo-span stories oor die hart en siel van landbou te vertel. Haar gunstelingdorp in die Noord-Kaap is Douglas.  

Landbouweekblad: ’n onderhoud met Lizette Rabe

Lizette Rabe, Isabeau Botha Onderhoude 2019-05-28

"Ek dink nie ’n mens kan sê Landbouweekblad was onpartydig nie." Isabeau Botha gesels met Lizette Rabe oor haar LitNet Akademies-artikel, "’n Landboublad as 'sosiale barometer': Landbouweekblad as aanwyser van een eeu se landbou-ontwikkeling".

Onvertelde stories: Noord-Kaapse mondelinge-oorlewering-projek

Menán van Heerden, Isabeau Botha, Janine Brown Onderhoude 2017-06-21

"Die opteken van mondelinge oorlewering speel ’n belangrike rol in die bewaring van ’n taal en sy geskiedenis, veral om voorheen onvertelde en ongedokumenteerde geskiedenisse in te sluit." Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl het van 8 tot 11 Mei 2017 die Noord-Kaap besoek om inwoners se stories op te teken. 

Top