Helene de Kock

Helene de Kock het in 2008 haar meestersgraad cum laude in Skeppende Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit behaal en haar roman Dieper water is ’n gevolg van hierdie kursus. Sy kry vir hierdie tesis ’n toekenning as beste Meestersgraad-student in Afrikaans. In 2014 verwerf sy haar PhD in Afrikaans en Nederlands met die klem op Skryfkuns. Die doktorsgraad is ook aan die Noordwes-Universiteit verwerf en dit onder die leiding van professore Franci Greyling en Hans du Plessis. Die roman Somersneeu was die verwysingspunt van haar proefskrif getiteld "Die skep van ruimtelike dinamika in ’n roman"Helene is ook onlangs verkies tot lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Sy skryf al vir meer as 30 jaar en het al meer as 40 boeke gepubliseer. 

Elisabet se oorlog: ’n Onderhoud met Helene de Kock

Yolanda Wessels, Helene de Kock Skrywersonderhoude 2021-12-07

"Dit was, soos met alle skryfwerk, nie maklik nie. Dit het maar woord vir woord gebeur. ’n Klein bietjie lig wat elke dag val. Ook net as jy toegewyd daaraan werk."

Skrywersonderhoud: Helene de Kock oor Die kind uit die wingerd

Naomi Meyer, Helene de Kock Skrywersonderhoude 2019-10-18

"Enige roman weerspieël onvermydelik die skrywer se werklikheidsbeeld en ek hou daarvan om aan my siening van die werklikheid getrou te bly sonder om dit die hooftema van die boek te maak. Dit is soos suurdeeg in brood. Hopelik proe die leser dit nie, maar is bewus daarvan dat 'n smaaklike brood baie aan suurdeeg te danke het."

Top