Haydee Morgan-Hollander

Na kortstondige drama studies in Bloemfontein en nóg kortstondiger verblyf in Natal en Pretoria, volg ’n onderwyslisensiaat in spraakopleiding en verskeie kursusse in radio-omroeperstegniek. Haydee was van die beginjare (1995–2002) betrokke by die eerste gemeenskapsradiostasie in die Vrystaat (Bloemfontein) - as korrespondent, nuusleser, stasiebestuurder en samesteller/aanbieder van onder meer drie boekprogramme en Foyer, wat in samewerking met teaters in die Vrystaat aangebied is. Radiomatigheid is oor die hoof gesien en uur lange onderhoude met akteurs en regisseurs gevoer. NALN en die UV se Fakulteit Geesteswetenskappe was gereelde medewerkers. Een so ’n bydrae is benoem as beste ATKV-radioprogram. Tussendeur was Haydee Vrystaat-korrespondent vir Radio Kosmos Digitaal in Pretoria (Bettie Kemp se oggendaktualiteitsprogram) en verslaggewer uit Engeland (3 jaar) vir Penorent Nuus (Willie Visagie) in Pretoria.

Tans is Haydee nuusskrywer en nuusleser vir Kosmos 94.1 in Windhoek en vryskutjoernalis wat in onder meer Beeld en Die Volksblad en op verskeie webwerwe teater- en musiekresensies, reisbylaes en onderhoude gepubliseer het. Sy het aspirasies vir ’n eie publikasie, gehore-ontwikkeling, gereelde vakansies in die Skotse Hooglande en ’n onderhoud met die skrywer Richard Adams.


Opgedateer/Updated: 2007-04-07
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Oor woorde, woordgevoeligheid en woordkunswerke: Haydee Morgan-Hollander gesels met Helena Gunter

Haydee Morgan-Hollander, Haydee Morgan-Hollander 2008-03-27 Op ’n plaas in AfrikaHelena GunterISBN: 9780798148382 Uitgewer: Human en RousseauKlik hier en koop Op 'n plaas in Afrika by Kalahari.net Helena Gunter het op ’n ...

NP van Wyk Louw en die Meisies: Haydee Morgan-Hollander het gesels met die produksiespan

Haydee Morgan-Hollander, Albert Maritz 2007-01-22 NP van Wyk Louw en die Meisies … Met Erica Wessels en Tinarie van Wyk Loots as die meisies, en die musiek van Frieda van den HeeverRegie: Albert Maritz10 Maart 2007 Woordfees, Stellenbosch 2006 was NP van Wyk Louw se ...
Top