Gys Loubser

Gys M Loubser is die uitvoerende direkteur en videograaf van Black Hole Productions – op die oomblik. Sy doktorale en na-doktorale studies fokus op ons verstaan van komplekse sisteme en transdissiplinêre fasilitering. In 2017 ruil hy sy pen en papier vir ’n kamera en begin hy om kort dokumentêre video’s wat wetenskaplike navorsing met ’n wyer gehoor deel, te vervaardig. Tans stel hy sy visier op die vermoë van fiksie om verandering teweeg te bring. Informasie bring toeligting; inspirasie verwek verligting.   

  • Foto: verskaf

Fotogalery: Suidoosterfees 2020-programbekendstelling

Menán van Heerden, Gys Loubser, Cliffordene Norton Suidoosterfees 2019-12-13

Die Suidoosterfees 2020 se program is op 9 Desember by ’n glansgeleentheid by Nasdak (Media24) in Kaapstad bekendgestel. 

Video’s: Vyf aktuele gesprekke tydens die 2019 Open Book Festival

Cliffordene Norton, Gys Loubser Feeste 2019-09-19

Hoe voel dit om in jou bekende grootvader se skaduwee te leef (soos Wilhelm Verwoerd en Ndileka Mandela)? Kan mense genees word deur stories (met Jitsvinger)? Watter gevare moet joernaliste oorleef om die waarheid te ontdek (met Foeta Krige: The SABC8; Caryn Dolley: The Enforcers: Inside Cape Town’s deadly nightclub battles en Pieter-Louis Myburgh: Gangster State)? Hoe beïnvloed korrupsie die mense op grondvlak (Bosasa-skandaal)?

Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September 2019 in Kaapstad plaasgevind. Verskeie aktuele gesprekke het tydens die fees plaasgevind. Kyk hier vyf van hierdie gesprekke.

Aan die anderkant van die grens

Gys Loubser, Gys Loubser 2010-09-07 As ouer vra mens: Hoe sal ek die wêreld aan my kinders verduidelik? Hoe sal ek my kinders leer wat dit beteken om mens te wees? ’n Vraag wat opvallend is in Praat verby grense is: Hoe sal ek my ouers opvoed tot ’n helder verstaan ...
Top