Gretha Steenkamp

Gretha Steenkamp matrikuleer in 1998 as dux leerling van Hoërskool Stellenberg. Sy verwerf in 2001 haar BRekeningkunde graad (cum laude) en in 2002 haar Honneurs BRekeningkunde graad (cum laude), beide aan die Universiteit Stellenbosch (US). Na haar klerkskap by PricewaterhouseCoopers, registreer Gretha as geoktrooieerde rekenmeester in Suid-Afrika en besluit sy om voltyds die hoër onderwys te betree. Sedert 2006 doseer sy Finansiële Rekeningkunde by die US se Skool vir Rekeningkunde. Gretha slaag ook in 2009 haar meestersgraad (cum laude) en in 2020 haar doktorsgraad in besigheidsbestuur en administrasie by die US. Sy word in 2023 bevorder tot mede-professor in Finansiële Rekeningkunde. Haar navorsingsfokus is rekeningkunde opvoeding (‘n meta-wetenskap wat die opleiding van professionele rekenmeesters bestudeer) asook die korporatiewe beheer van maatskappye.

Afrikaans accounting students’ choices on language of tuition: factors, consequences and recommendations

Gretha Steenkamp, Petro Gerber Academic research 2023-11-30

"At Stellenbosch University, accounting students can choose to be taught either in Afrikaans or English. However, after the announcement that the external accounting board examinations can only be written in English from 2022, Afrikaans-speaking accounting students regularly question their language of tuition."

Onderrigtaalkeuses van Afrikaanse rekeningkundestudente: faktore, gevolge en aanbevelings

Gretha Steenkamp, Petro Gerber LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-30

"By die Universiteit Stellenbosch (US) kan rekeningkundestudente kies om óf in Afrikaans óf in Engels onderrig te ontvang. Ná die aankondiging dat die eksterne rekeningkundige raadseksamens vanaf 2022 slegs in Engels geskryf kan word, bevraagteken Afrikaanssprekende rekeningkundestudente egter hul keuse van onderrigtaal."

Top