Gert Opperman is die Hoof Uitvoerende Beampte van Die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting. Hy het studeer aan die Militêre Akademie en sit sy loopbaan voort in die SAW/SANW en later in die privaatsektor.
Hy het ’n leidende rol gespeel in die skepping van die Erfenisstigting en die Navorsinsgtrust, waarvan hy op ’n bo-en-behalwe grondslag as die Hoof Uitvoerende Beampte aangestel is. Die doel van die Erfenisstigting is om om te sien na bedreigde erfenishulpbronne, veral dié wat van emosionele en kultuurhistoriese belang vir die Afrikaanssprekende gedeelte van die bevolking is. Die Navorsingstrust is gestig om navorsing te bevorder oor enige Afrikaans- en Afrikanerverwante aspekte, in die breedste sin van die woord en teen die breë Suid-Afrikaanse agtergrond. Hy het persoonlik reeds heelwat meer as R20 miljoen vir hierdie twee organisasies ingesamel.
Hy is getroud met Ria en die egpaar het drie kinders.
Opgedateer/Updated: 2010-08-25
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za