Gerard Vermeulen

Gerard Vermeulen

Gerard is ’n argitek en woon in Muckleneuk, Pretoria. Nadat sy eerste kortverhaal in 1964 in die destydse Patrys verskyn het, het studie en later praktyk sy skryfwerk gekortwiek. Tans is hy besig om sy passie vir woorde te herontdek. Meer onlangs (Oktober 2019) is sy kortverhaal “Bergnewels” in Rooi Rose gepubliseer. “Dis nie oor die bike nie” is sy debuutplasing by LitNet.

Buiten skryf, speel hy graag gholf as hy nie reis of op die plaas by die Limpopo is nie. Hy is getroud met Dorette en hulle het twee kinders, Martin en Annemie.

Duiwelsdrek en skoonveld

Gerard Vermeulen Fiksie 2020-03-18

"Met Reyn se terugswaai snork Coert hard, Reyn haak die bal buite perke. Gert probeer saam met twee ander fris boerseuns om vir Coert te gryp en hom in die dam te gooi, maar hy is te vinnig vir hulle."

Dis nie oor die bike nie

Gerard Vermeulen Fiksie 2019-10-31

“Niemand sien die aankomende taxi nie. Eers toe die voertuig byna op hulle is, hoor hulle die gekerm van metaal op metaal. ’n Wiel spring af, tuimel rakelings verby die toeskouers, mis die Harley en tref een van die bende se bikes.”

Top