Gérard Rudolf

Gérard Rudolf is in Pretoria gebore en het in die kulturele motorongelukssones van Kaapstad en Johannesburg se wit middelklas-voorstede grootgeword. Hy is deel van Suid Afrika se X-generasie wat goddank te oud vir Michael Jackson en ongelukkig te jonk vir die Rolling Stones is. Hulle het egter Die Gereformeerde Blues Band, Battery 9, The Clash, Patti Smith, Desmond Tutu, Steve Biko, André Brink, Etienne van Heerden, Zakes Mda, Mongane Wally Serote, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, JM Coetzee en Bernoldus Niemand, en ander gehad om hul koppe oop te blaas.

Gerard het sy Christelik-Nationale opvoetering ontvang by daai Boetie-bastion, Hoërskool Linden, en na matrikulasie sy twee jaar nasionale ‘diens’ vir PW gaan  doen. Hierdie twee ervarings het hom ’n permanente renons gegee in patriotiese en nasionalistiese idees.

Na die weermag het hy gaan drama swot by Tukkies en daarna Kaap toe getrek om te begin werk as akteur. Na dertien jaar in die teater- en filmbedryf was hy sielsmoeg en het sy lewe in die Kaap tot op die grond af gebrand en Engeland toe verkas waar hy vir die afgelope paar jaar voltyds skryf.

Hy skryf om homself op die kaart te orienteer. Hy skryf omdat hy nie ’n keuse het nie. Sy eerste boek, Orphaned Latitudes, het in Oktober verskyn en is beskikbaar by redsquirrelpress.com.

Gérard was born in Pretoria and grew up in the cultural car-crash zones of Cape Town and Johannesburg during the 70s and 80s. He is of a generation regrettably too young for the Rolling Stones and thankfully too old for Michael Jackson. But they had Die Gereformeerde Blues Band, Battery 9, Bernoldus Niemand, The Clash, Patti Smith, Desmond Tutu, Steve Biko, André Brink, Zakes Mda, Mongane Wally Serote, Breyten Breytenbach and Antjie Krog, and many others to tell them the real score, to blow their heads open. 

After matriculating at that Broederbond-bastion, Linden High in Johannesburg, he was faced, along with thousands of other South African males, with the cheery choice of doing two years compulsory military service, six years in jail for conscientious objection or skipping the country. Lacking the funds and passport for the latter option and the guts for conscientious objection, he resentfully joined the army, an experience that left him with a general dislike for the Great Outdoors and awoke in him a fathomless distrust of any brand of flag-waving patriotism and nationalism. After the completion of his military service, he studied drama at Tukkies and moved to Cape Town and spent the next 13 years as an actor in both film and theatre.

Cursed with itchy feet and a staggeringly low boredom threshold, he set fire to his life in Cape Town in 2002 and headed for the UK where he started writing full time.

He writes because he has no choice, to orientate himself on the map. In 2008 he won the inaugural Cruse Poetry Prize. His collection of poetry and poetic prose, Orphaned Latitudes, is available through redsquirrelpress.com.

Elders gesien: Herman Binge ons mis jou

Gérard Rudolf Elders gesien 2021-12-17

"Soos ’n saghartige vader loop hy van een persoon op die stel na die ander en deel lekkergoed en biltong uit, maak vriendelike geselsies met akteurs en tegnici, maak seker almal is oukei."

‘n Country song vir Jack

Gérard Rudolf In memoriam 2016-10-20

"Ek maak my oë toe. Daar staan Jack, kaalvoet in daardie vroegsomermiddag in ‘n straat in Melville."

Top