Francois Lion-Cachet

Lion-Cachet is die Dikgang Moseneke PhD-genoot by die Sentrum vir Retoriekstudies aan die Universiteit van Kaapstad se regsfakulteit. Hy is ook kurator van die Konstitusionele Hof se kunsversameling waar hy sedert 2018 werk. Sy navorsingsbelangstellings sluit visuele grondwetlikheid, sowel as Afrikaanse en queerkultuur en -literatuur in. Hy het voorheen as openbare programkoördineerder van die NWU-galery en kunsversameling gewerk. Hy het ’n LLB en LLM met lof in mediareg aan die NWU behaal. Hy is ook redakeur van Klyntji.com.

SteedsDink met LitNet Akademies: Francois Lion-Cachet

Francois Lion-Cachet SteedsDink 2023-10-09

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Francois Lion-Cachet oor, onder andere: die estetika van die reg en die wisselwerking tussen die visuele en geskrewe taal.

Stilspraak: Strijdom van der Merwe en landkuns deur Carina van der Walt: ’n resensie

Francois Lion-Cachet Resensies 2021-05-05

"Van der Merwe se oeuvre is indrukwekkend, iets wat die boek weergee. Dit wys die magdom werk wat die kunstenaar tot op hede gedoen het, meestal plekspesifiek."

Top