Estelle Condra

Estelle Ferreira Condra is ’n boorling van Suid-Afrika. Sy woon al 47 jaar saam met haar Amerikaanse man, David Condra, in Nashville, Tennnessee.

Gedurende haar lang loopbaan in die drama en skryfkuns, het sy verskeie toekennings verower, onder andere Outstanding Young Woman of America vir haar historiese drama White Warrior. Hierna volg talle ander toekennings. Haar kinderboek See the Ocean is bekroon met die American Library Association Pick of the Lists-toekenning.   In 2012 kry Estelle die hoogste toekenning vir kuns in Tennessee: The Governor’s Distinguished Artist Award.

Terwyl sy haar spraak- en drama-ateljee, Imagination Station, 27 jaar lank bedryf het, het sy verskeie eenvrou-dramas geskryf. In 1996 was sy genooi om Caged ’n driebedryf, eenvrou-stuk, by die Paralimpiese Spele in Atlanta, Georgia, te vertoon.

Wanneer Estelle Suid-Afrika besoek, is dit vir haar ’n voorreg om in Afrikaans voor Afrikaanse gehore op te tree.

Estelle is blind as gevolg van retinitis pigmentosa. Sy luister graag na Afrikaanse boeke van N.B. Luisterboeke.

  • Foto: verskaf

Eergister se Nuwejaarsdag, 1955

Estelle Condra Fiksie 2020-08-14

"Tussen die beet en geelwortels sit ek by die kafeetafeltjie met ’n koeldrank. Dis Nuwejaarsdag. Erna-hulle het gaan piekniek hou en swem by die meer. Hermina-hulle het gaan tennis speel. Nie een van my vriendinne het my saamgenooi nie."

Muti water

Estelle Condra New writing 2015-05-06

"Every Monday morning she came walking up the dirt road from the black township, wearing her brightly coloured Basotho blanket around her shoulders and her orange-and-black headscarf."

Niemand sal slaap nie

Estelle Condra 2014-09-29 "'Hoe bedoel u?' vra die voorskootvrou weer. 'Ek bedoel ‘n vreemde vrou het ons gevra om die kind vas te hou en toe het sy net verdwyn,' las Rina by."

Herinneringe aan Dennegeur

Estelle Condra 2014-06-25 "Van diep binne-in my kom daar iets soos ’n wete dat ek nooit sal vergeet dat ek ’n jong vrou geword het op Dennegeur nie. Dennegeur, die plaas wat nou nie meer is nie."
Top