Emile Butler-O'Brien

Emile Jean Butler-O'Brien (48) werk al sedert 1993 in die joernalistiekbedryf. Hy het sy vuurdoop as joernalis gehad by tradisionele koerante wat nog die "spoeg-en-plak"-metode van bladuitleg gebruik het, voordat hy in Desember 1999 by die destydse Naspers (nou Media24) se leefstyltydskrifte ingeval het. Hoewel vermaak sy forte is, het hy ook ’n groot belangstelling in mense en hul alledaagse dinge wat die gewone oog soms miskyk. Hy skryf reeds ’n paar jaar kortverhale, wat hy nou die eerste keer publiseer. Emile is ’n groot voorstander van regte vir gays, diere en ook mense wat met geestesgesondheid sukkel – iets wat hy alte goed ken.

My Trein-ouma

Emile Butler-O'Brien Fiksie 2019-07-24

"Ouma se stories. Die soort stories wat jy nooit in enige boek in die wêreld sal kry nie. Familiestories deur die jare oorvertel. Generasie tot generasie. Die stories is nou vaal in my gedagtes. Vaal soos die winterreën buite wat strepe teen die treinvenster trek."

My onbekende vriend …

Emile Butler-O'Brien Fiksie 2019-07-17

"Almal bly stil. Mense koes-koes en maak asof hulle besig is. Hulle vermy oogkontak met hom. Die jong man met sy vuil klere, okkie-kortbroek en gehawende trui wat laag op sy heupe hang."

Top