Eldon van der Merwe

Eldon van der Merwe (25) het reeds op die ouderdom van 12 sy eerste rol op die verhoog in ’n Lefra-produksie van Fiela se kind losgeslaan. Na sy skoolloopbaan het hy ’n tegniese diploma verwerf in opvoerende kunste, gekrediteer deur Edexcel London onder toesig van Northlink College in Plattekloof. Die Piketberg-boorling is gereeld met opvoedkundige-teater- en industriële-teater-produksies besig, maar was oa ook te sien op die verhoog in die rol van Chicco (Danger in the dark), Blokkie (Liewe Heksie in die sirkus) en Albert (Die Sideboard Musical).

Sommige van die televisierolle wat Eldon reeds vertolk het, is: Elvis Prinsloo (Ouboet en Wors), Spyker Lamoer (#Koelpixels), Fabian (Sara se geheim) en Curtley Neethling (Arendsvlei). Eldon was ook te sien in Raaiselkind die Film en Nando's se “You people”-advertensie van 2018–2019.

Eldon van der Merwe van In Slavenhuis 39 opgewonde oor tweede speelvak by Woordfees

Marli van Eeden, Eldon van der Merwe Toyota US Woordfees 2020-02-07

"Ons hoop dat die produksie nog na baie verhoë genooi sal word, juis omdat dit so baie kwessies rondom menswees aanspreek."

Top