Dominique Botha
Dominique Botha het op die plaas Rietpan in die Vrystaat grootgeword. Sy is ’n lid van die Pirogue Kollektief en dien in die raad van die Spier Kunstrust, die Afrikasentrum en die Yellowwoods Kunstrust, organisasies wat ’n wye verskeidenheid kunsaktiwiteite bevorder en ondersteun. In 2013 debuteer sy met die roman Valsrivier wat bekroon word met die Eugène Maraisprys. Sy woon in Johannesburg saam met haar man Adi en hul vier kinders.