Dietloff van der Berg

Dietloff van der Berg was vanaf 1979 tot 2015 verbonde aan, en vanaf 1996 tot 2010 medeprofessor en hoof van, die dissipline Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg. Van 2000 tot 2006 was hy hoof van die dissipline vertaling wat hy ingestel het aan die Universiteit van Natal, wat in 2004 met die Universiteit van Durban-Westville saamgesmelt het om die Universiteit van KwaZulu-Natal te vorm. Hy is sedert 1988 ’n beëdigde vertaler. Hy was president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Taalonderrig, lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en verskeie vakverenigings, en het die Hoofstad Skakel Kultuurprestasietoekenning, Klas Goud ontvang. Hy het verskeie boeke oor taalonderrig en artikels oor vertaling geskryf.

Estelle Kruger in gesprek met Dietloff van der Berg oor sy bundel poësie en liefdesverse van Rumi

Estelle Kruger, Dietloff van der Berg Skrywersonderhoude 2024-01-23

"Ek wou ’n betroubare weergawe binne die sterk Soefiese religieuse en digterlike denkraamwerk waarbinne Rumi se verse aanvanklik geskryf is, skep."

The application of a communicative model for text analysis in order to create an aesthetic translation of St John of the Cross’s poem "Noche oscura"

Dietloff van der Berg Academic research 2018-03-28

"The view is held that a basic communicative model for text analysis is essential for translating. It should be a top-down approach, i.e. starting from the whole text working down to the smallest element."

Die toepas van ’n kommunikatiewe model vir teksontleding ten einde ’n estetiese vertaling van Sint Jan van die Kruis se gedig "Noche oscura" te skep

Dietloff van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-03-28

"’n Teoretiese grondslag is wesentlik noodsaaklik vir enige gesprek rondom vertaling om op rasionele wyse te kan plaasvind en om vir die vertaler te laat besluit waarom ’n sekere keuse ’n beter oplossing as ’n ander moontlikheid is."

Die stand van tale aan die Universiteit van KwaZulu-Natal

Dietloff van der Berg 2014-11-14 Dietloff van der Berg stel sy standpunt oor die besluit van die Universiteit van KwaZulu-Natal om Europese tale en Afrikaans af te skaf.
Top