Dave Pepler

Lecturer Extraordinary: School of Public Leadership, University of Stellenbosch

*

David (Dave) Pepler is ’n omgewingskundige en TV-aanbieder wat bekendheid verwerf bekendheid as aanbieder van kykNET se program Groen.

Dave is op Robertson gebore en matrikuleer aan die plaaslike hoërskool waarna hy bosbou aan Saasveld studeer. Hy ontvang later ’n MPhil in soölogie aan die Universiteit van Cambridge. Tot sy aftrede in 2005 was hy senior lektor aan die Universiteit Stellenbosch se departement van omgewingsake en ekologie. In 2007 word hy met die Stevenson Hamilton-prys vir sy buitengewone bydrae tot soölogie bekroon.

Sy boek Immergroen: Stories oor plante is in 2009 deur Human & Rousseau uitgegee. Die boek is ook in Engels vertaal.

 

Parfuum

Freek Robinson, Dave Pepler Onderhoude 2023-05-24

Hoe het dit gebeur dat ’n Afrikaanse seun uit die Vrystaat deesdae een van die groot name in die Franse parfuumbedryf is? Freek Robinson gesels met Dave Pepler oor nooiens in nartjies en reukolies wat na ’n motorfiets ruik.

Die pasiënt as vennoot deur Dawie van Velden: ’n resensie

Dave Pepler Resensies 2018-06-12

"Wat hierdie werk nog meer indrukwekkend maak, is die eenvoud en toeganklikheid van die teks. Ek wil graag voorstel dat dit verpligte leesstof word vir jongmense juis omdat die skrywer pleit vir ’n lewenslange betrokkenheid en verantwoordelikheid vir ons eie gesondheid."

Dave Pepler steun WAT se Borg 'n Woord

Carine Janse van Rensburg, Dave Pepler 2014-11-03 "Verbeelding – daar is geen mooier woord in Afrikaans nie. En wat van smeul, en lyfkoos, en malgas..."
Top