African Gothic: ’n teaterresensie
2018-07-20"African Gothic is die Engelse vertaling en verwerking van Reza de Wet se 1986-drama Diepe grond. Die Engelse titel van die produksie plaas die teks onmiddellik in die kader van die gotiek – die gehoor kan dus ’n riller met moord, doodslag, bloedskande en ander grilgebeure wat op Afrika-bodem afspeel, te wagte wees. In hierdie opsig stel African Gothic nie teleur nie."
Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran: ’n teaterresensie
2018-07-06"Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran is oorspronklik ’n Franse roman getiteld Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran deur Eric-Emmanuel Schmitt, na Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan. Die teks is ook deur haar vir die verhoog verwerk. Hierdie eenmanvertoning vertel die ontroerende verhaal van Moses, ’n dertienjarige Joodse seun wat op die Reu Bleue in die Joodse buurt in Montmartre, Parys, woon."

