Coen Basson

Coen is in die Kammanassievallei naby Uniondale gebore en getoë en het Afrikaans-Nederlands en geskiedenis studeer. Hy verlang terug na sy Afrikaans-skoolhoudae in die plat Vrystaat. As ’n Sanlam finansiële adviseur leef hy snags sy passie uit vir skryf en bietjie dig, want Sanlam is ’n jaloerse tydbaas. 

Coen het twee jaar lank in die Suid-Kaap weeklikse reis- en omgewingsartikels met illustrerende foto’s vir Die Burger behartig. Hy is voorheen deur die Bloemfontein Skrywersvereniging aangewys as kortverhaalwenner en het twee keer derde plek behaal. Sy kortverhaal “Bemagtiging” is in 2018 as een van 25 in die US-Woordfeesbundel opgeneem. Hy dreig om af te tree en voltyds te skryf. Tans werk hy daaraan om ’n versameling kortverhale vir publiksaie voor te lê en tussendeur is hy besig met ’n roman of twee. Coen is die touleier/sameroeper van die plaaslike Klein Karoo-skryfgroep. 

My taal: van toe tot nou – ’n brief op 14 Augustus 2025

Coen Basson SêNet-briewe 2025-08-14

"Hierdie samevatting is ’n gelukwensing aan Afrikaans met sy twee roemryke verjaardae in 2025. Geluk met wat die 'vernederde kombuistaal' vermag het tot hier. Om vandag in staat te wees om saam met enige ander wêreldtaal te kommunikeer op enige platform; in enige verhandeling; in die wetenskap, lettere, kuns, musiek, religie, staatkunde, filosofie, erotika en die lewe."

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

Coen Basson Skryfkompetisies 2019-08-18

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Coen Basson: "Die Kammanassierivier lê onbegaanbaar in wrede wintervloed, honderd treë breed, vol branderskuimkolke."

Top