Clare Menck

Clare Menck is ’n realisskilder van swemmers en selfportrette met ’n meestersgraad van die Universiteit Stellenbosch. Haar middelloopbaan- retrospektiewe uitstalling Clare Menck: Verborge lewe; Twintig Skilderjare (1990–2010) onder die kuratorskap en redakteurskap van Stefan Hundt, het landwyd gereis. Die gepaardgaande boek bevat onder andere Afrikaanse essays oor haar oeuvre deur Ingrid Winterbach en Amanda Botha.

Die hoogtepunt van Clare se oorsese loopbaan was ongetwyfeld haar deelname aan die internasionale vrouegroepstentoonstelling Sie. Selbst. Nackt in die Paula Modersohn-Becker-kunsmuseum te Bremen, Duitsland. Die uitstalling is ook deur ’n boek met dieselfde titel vergesel, en Clare het die opening bygewoon. Sy was die enigste deelnemer wat deur ’n volle vyf skilderye verteenwoordig was. Sy het saam met vrouekunstenaars van hoogstaande internasionale faam uitgestal, niks minder as onder andere Louise Bourgeois (Frankryk/VSA), Judy Chicago (VSA), Imogen Cunningham (VSA), Gwen John (GB), Yoko Ono (GB), Anita Ree (Duitsland), Jenny Saville (GB), Suzanne Valadon (Frankryk) en Franscesca Woodman (VSA) nie.

Clare se skildery Man (Johann Louw) en seun wat die see in waad, dogter wat struikel 2008 (uit die Sanlam-kunsversameling) is op die voorblad van Wreed én mooi is die dood: Verhale oor verlies, hunkering en heling (saamgestel deur Tobie Wiese) uitgebeeld. Dit is ook op bladsy 76 van Verborge lewe te sien.

Leon Strydom, jy was een van die laastes: ’n ouwêreldse kunsconnoisseur

Clare Menck In memoriam 2021-01-07

"Jy was een van die laastes: ’n ouwêreldse kunsconnoisseur, en een van die laaste oorblywendes wat nog huisbesoeke onderneem het. Watter voorreg, in die konteks van ons wêreldwye mensevermydende sosiale tendense tans."

US Woordfees 2015: Toorwoorde roep my by D-Street Gallery

Ingrid Winterbach, Clare Menck, Vernon Swart 2015-03-03 Kunstenaars tree met mekaar in gesprek by hierdie uitstalling by die US Woordfees 2015 – Valiant Swart se lirieke ontmoet die skeppings van kunstenaars soos Ingrid Winterbach, Strijdom van der Merwe en Clare Menck.

Onderhoud met Clare Menck oor Outside In

Clare Menck, Steyn du Toit 2014-09-08 "Sommige van die nagtelike tonele het 'n effe onheilspellende naklank. Ek het ook die donkerder, meer intieme tema van menslike seksualiteit en verhoudings ondersoek deur myself deels liries, deels eroties en deels met intrige te konfronteer."
Top