WF 2015: Oorlewing
2015-04-28Doef! My kop tref die baksteenmuur met ’n slag. Ek steier terug en sak met ’n kreun neer terwyl sterretjies voor my visie dans. Die ruimtewese pyl op my af. Dis verby met my.
WF 2015: Invallers
2015-04-17Loeiende sirenes laat my oombliklik penregop in my bed sit. Ek kyk verward rond. Die alarm bo in die kamerhoek gooi vreemde rooi en blou skynsels oor die sewe beddens in die kamer. Rondom my kom almal stadig orent soos hulle ook deur die skril geskreeu wakker gemaak word.
WF 2015: Toekomstige museum
2015-04-17“Die volgende toestel was jare gelede gebruik vir kommunikasie. Dit word ’n selfoon genoem.” Die museum toergids sug bedroef en lig die klein reghoekige toestel op sodat ons klas dit beter kan sien.
