Christiaan Olwagen

Christiaan Olwagen is gebore in Kaapstad, Suid-Afrika. Hy het sy graad aan die Universiteit Stellenbosch ontvang, en in regie gespesialiseer, onder leiding van Marthinus Basson. Toekennings sluit in die Fleur du Cap vir mees belowende student, asook die Rosalie van der Gucht-toekenning vir beste nuwe regisseur. In 2016 is hy vereer met die Standard Bank Young Artist Award vir teater. Teaterhoogtepunte sluit in Who's afraid of Virginia Woolf?, Tsjechof se  Die seemeeu , Ibsen se A doll's house en Lorca se House of Bernarda Alba.

Christiaan se filmdebuut was in 2013 by die Silwerskermfees in Kaapstad, met die kortfilm Toevlug wat met toekennings vir beste regisseur, beste draaiboek en beste kortfilm weggeloop het. Sy eerste vollengtefilm, Johnny is nie dood nie, het met agt toekennings weggestap by 2016 se Silwerskermfees en is deur kritici beskryf as ’n keerpunt en ’n baken in die Suid-Afrikaanse filmlandskapgeskiedenis. Christiaan se tweede en derde vollengtefilms sien in 2018 die lig: Kanarie, wat die storie vertel van ’n jong homoseksuele man wat opdragpapiere ontvang en by die Suid-Afrikaanse Weermag se kerkkoor en konsertgroep aansluit; en sy verwerking van Anton Tsjechof se The Seagull, verplaas na Suid-Afrika in die 1990’s, wat in Meimaand vanjaar groot opspraak by die Moscow International Film Festival gemaak het.

Foto: Antonia Steyn

Poppie Nongena-rolprent skenk gedeelte van wins aan veldtog teen geslagsgeweld

Marli van Eeden, Christiaan Olwagen, Helena Spring Onderhoude 2019-09-26

Die lokprent vir die langverwagte rolprent Poppie Nongena is dié week uitgereik. Die rolprent het skoonskip gemaak by die onlangse kykNET Silwerskermrolprentfees, waar dit met 12 toekennings bekroon is. Marli van Eeden gesels met Christiaan Olwagen en Helena Spring.

Kanarie maak Suid-Afrikaanse debuut by Silwerskermfees

Marli van Eeden, Christiaan Olwagen, Charl-Johan Lingenfelder Film 2018-08-21

"Hierdie is primêr ’n Suid-Afrikaanse 'coming-of-age'-verhaal met ’n geweldige klomp taboe onderwerpe wat aangespreek word. Dis ’n film oor oorlog, maar die oorlog wat mens met jouself voer. As jy jou lewe lank gekondisioneer word om dit wat jy is te haat, gaan jy uiteraard jou eie grootste vyand word."

Christiaan Olwagen: Protesteater vir 'n nuwe Suid-Afrika

Henry Cloete, Christiaan Olwagen 2012-08-15 "Soms loop mense uit. Soms wag hulle na die tyd om vir ons te sê hoe dankbaar hulle is en hoe belangrik die 'boodskap' vir hulle is."
Top