Chrisna Beuke-Muir

Chrisna Beuke-Muir is ’n senior lektor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Namibië en stigter van die Windhoek Woordfees.

Hoewel sy hoofsaaklik ’n letterkundige is, lê haar liefde by die teater, en sedert 2002 het sy dramaproduksies saamgestel wat uit poësie, dialoog en songs bestaan. Van die gedigte in hierdie dramas het sy self geskryf.

Tydens Windhoek Woordfees 2018 het sy die Afrikaans-Vlaamse podiumproduksie Passiedigters saamgestel en op die planke gebring saam met die Ten Adem-podiumdigters van Gent.

Sy tree in verskeie podiumproduksies in Suider-Afrika, asook in België, Nederland en Duitsland op. “George Weideman as dramaturg” is die titel van haar PhD (2010) onder Hennie van Coller.

Namibiese verhale: Die keiservoël oor Namaland en Die vertes in

Chrisna Beuke-Muir Resensies 2018-12-12

"Wat tyd- en ruimte-aanbieding sowel as tema betref, gaan die verhaalgebeure in albei werke oor die lot van die inwoners van Duits-Suidwes-Afrika gedurende 1905."

Onderhoud: Chrisna Beuke-Muir oor Liefdesbriewe

Carine Janse van Rensburg, Chrisna Beuke-Muir 2014-10-28 "Maar dan die wóórd: ek moet maar net weer terugkom na die woord. Hierdie stuk het respek vir die woord."

lKh? da !hoa 2013: Press release

Chrisna Beuke-Muir 2013-08-06 "By means of the first Namibian Word Festival, the lKh? da !hoa, I want the public to  acknowledge and give hope to the people in our country who create art even if they are poor and not always in a position to have the luxury of studying."

Namibiese Woordfees 2013: lKh? da !hoa

Chrisna Beuke-Muir, Naomi Meyer 2013-08-06 Die Namibiese Woordfees vind vanjaar vir die eerste keer plaas – op 2 tot 7 September 2013. Naomi Meyer het by Chrisna Beuke-Muir, feesorganiseerder, van 'n Afrikaanse fees elders in Afrika gaan hoor.

LitNet Akademies-resensie-essay: Rodriguez – ’n fiksionele werklikheid

Chrisna Beuke-Muir 2012-07-27 "Die feit dat ons reeds ander (vroeëre) oorloë gehad het waaroor intussen in die Afrikaanse literatuur korrektiewe geskryf is, stel aan die skrywer ’n uitdaging: Het hy in alle opregtheid gesoek na die waarheid?"
Top