Cecilia Steyn

Cecilia Steyn is ’n skrywer van Noordwes. Sy is in Welkom in die Vrystaat gebore. Na matriek begin sy ’n loopbaan in die apteekbedryf, waar sy vir baie jare as takadministreerder werk. In 2014, onder die mentorskap van haar broer en bekende skrywer, Fanie Viljoen, waag sy vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. In 2015 woon sy ’n ATKV-skryfskool by die NWU by. Sy behaal sukses in die jeuggenre met verhale soos Die meisie op die dak (LAPA), die Tienerharte-reeks en die #PresiesAnders-reeks (Human & Rousseau). Haar reeks Lea Lief (LAPA) is ook gewild onder jonger lesers veral omdat dit ’n sterk omgewings- en bewaringsfokus het. In 2017 ontvang sy ’n ATKV-Kinderboektoekenning vir Tienerharte 2 en Hartedief en in 2018 vir #PresiesAnders, Eksperimente en Eerste soene.

  • Foto: verskaf

Die dodelikste donuts in die heelal: ’n onderhoud met kinder- en jeugboekskrywer Cecilia Steyn

Naomi Meyer, Cecilia Steyn Skrywersonderhoude 2022-04-12

Dit was onlangs internasionale kinderboekdag. Naomi Meyer praat met Cecilia Steyn, veral bekend vir haar kinder- en jeugboeke, oor ’n kinderboek van haar wat in Junie by NB-Uitgewers verskyn.

"Asof die heelal geskreeu het skryf nou die boek!"

Cliffordene Norton, Cecilia Steyn Skrywersonderhoude 2020-04-02

"Die boek word opgedra aan almal met krake. En my wens is dat hierdie boek mense hoop sal gee, maak nie saak wat hul krake veroorsaak het nie."

Top