Carline Janse van Rensburg is gebore en getoë op die platteland, waarna sy haar BA (Taal en Kultuur) voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy verwerf haar nagraadse onderwyssertifikaat aan dieselfde universiteit in 2011. Tans is sy werksaam by die Hoërskool Claremont, wat spesifiek op wiskunde en wetenskap gefokus is. Daar poog sy om ’n liefde vir Afrikaans aan te wakker by leerders wat van histories-benadeelde gebiede af kom, deur Afrikaans eerste addisionele taal van graad 8 tot 12 te onderrig. Sy verwerf Desember 2014 ’n honneurs in dokumentontwerp en -analise en beoog om Januarie 2015 te spesialiseer in haar vakgebied as ingeskrewe student vir MEd Kurrikulumstudie: Afrikaans.