Carié Maas

Carié Maas werk in die finansiëledienstebedryf. As vryskutjoernalis publiseer sy rubrieke, reis- en ander leefstylartikels. Sy het drie sakeboeke geskryf, Jannie Mouton: En toe fire hulle my (Tafelberg), wat ook in Engels vertaal is; Famous Brands: From corner café to JSE giant (Tafelberg); en Never waste a good crisis and other lessons from top business leaders (Penguin Random House). Haar roman Koljander (Human & Rousseau) het in 2012 die debuutafdeling van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd gewen en was op die kortlys vir die Jan Rabie Rapport-prys. Haar tweede roman, Die miskruier en die maan (Protea), was op die kortlys vir die Eugène Marais-prys.

Foto: Mary-Ann Palmer

My Kroon

Carié Maas Fiksie 2017-10-04

"Hoeveel keer het hy nie hierdie toneel in sy kop laat kom nie: die dag van afrekening. Toe sy ma met Sofina saam van die beroerte laat weet het, het hy besef hy sou nie meer sy pa met geweld hoef sit te maak nie."

'n Ope brief aan Beeld

Carié Maas 2014-06-30 Om Beeld se kunsblad te sluit of te laat verword, is nie net ’n verkeerde besluit nie. Dit is verkeerdom ook, en teen die grein van wat Afrikaans nog altyd was, en wil wees.

Boekedag 2012: Carié Maas kies 'n karakter

Carié Maas 2012-04-18 As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom? 

Om te durf aanhou skryf – Carié Maas gesels oor haar manuskrip vir die GAR

Carié Maas, Bibi Slippers 2012-03-20 Carié Maas is onlangs met die debuutprys bekroon in die Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Sy vertel vir Bibi Slippers van haar regte-egte debuut (wat onlangs herontdek is in ’n boks vol wisseltande en handgemaakte Kerskaartjies), en die mag van fiksie, humor en poësie om ons te red.
Top