Bun Booyens

20162024: Vryskut/skrywer/samesteller:

  • Troep. Die dinge wat hulle saamdra (Penguin Random House)
  • Die Burger 100: Sy mense en hul stories (Eeufeesboek) (Jonathan Ball-uitgewers)
  • 50 jaar met Fred (Oor die spotprentkunstenaar Fred Mouton se vyf dekades by Die Burger) (Jonathan Ball-uitgewers)
  • Aanbieder: Megaboere (kykNET)
  • Teksversorging: Tulbagh onthou. ’n Herdenking van die aardbewing van 50 jaar gelede (Oude Kerk Volksmuseum, Tulbagh)
  • Podsending: Bloed, sweet en modder. 100 jaar van die Springbokke teen die All Blacks
  • So werk dit. (Reeks van 45 video-insetsels vir Netwerk24)

2010–2016: Redakteur van Die Burger

2003–2010: Stigtersredakteur van die reistydskrif Weg!

1999–2003: Assistentredakteur van Die Burger

1997–1999: Lektor (Departement Joernalistiek, Universiteit Stellenbosch)

1993–1997: Kommunikasiehoof WWF-SA (Wêreldnatuurfonds Suid-Afrika)

1989–1993: Verslaggewer, Die Burger

1987–1988: Weerkundige tegnikus, SA Nasionale Antarktiese Ekspedisie

1987: Videoredigeerder, SAUK TV-nuus (Johannesburg)

Kwalifikasies: MPhil Joernalistiek (cum laude), Universiteit Stellenbosch

Skool: Paul Roos Gimnasium (Stellenbosch)

 

Troep: Die kleingeskiedenis van ’n oorlog

Freek Robinson, Bun Booyens Onderhoude 2024-11-07

Bun Booyens is die samesteller en redakteur van Troep. Die dinge wat hulle saamdra. Hy vertel aan Freek Robinson hoe hy te werk gegaan het om gewone mense se stories na te speur en om seker te maak dat ’n groot aantal mense se eie oorlogstories in hierdie boek opgeneem word.

Skrywersonderhoud: Bun Booyens oor 50 jaar met Fred

Naomi Meyer, Bun Booyens Skrywersonderhoude 2020-01-07

"Die beste prente bly dié wat so ondubbelsinnig is dat geen woorde nodig is nie."

Bun Booyens se woord van die jaar 2015

Bun Booyens LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 2015-11-30

Wat is Bun Booyens se #litnetwoord2015?

Top