Breytenbach Sentrum

Die Breytenbach Sentrum, wat rofweg 150 jaar gelede gebou is, was die woning van vele eienaars. Dit was eers die Commercial Hotel voordat dit in die laat 1890’s verkoop is as studentehuis. In die vroeë veertigerjare was die huis die basis vir die Wellingtonse Voortrekkerkommando, voordat Hans en Kitty Breytenbach (eers van Riversdal) Grevilleas in 1953 as losieshuis gekoop het. In 1974 verkoop die Breytenbachs die huis aan die Wellingtonse munisipaliteit, wat dit benut as daghospitaal.

Op 23 Februarie 1998 is die eerste kontak met Breyten Breytenbach gemaak om uit te vind of hy en sy familie daarvoor te vinde sal wees as hulle voormalige ouerhuis as kultuursentrum gevestig word. Op 10 Maart 1998 reageer Breyten positief deur te sê dat hy en sy familie so ’n projek heelhartig sal steun. Eugenie Wiggins, Johan Conradie en Manie en Winnie Rust was die inisieerders en dryfkragte agter die idee van ’n kultuursentrum. Na vele onderhandelinge met die munisipaliteit is die huis aan die Breytenbach Sentrum se Raad van Trustees oorgedra. Die huis was op daardie stadium in ’n vervalle toestand en dit was ’n lang proses om die nodige fondse te bekom om die huis te restoureer. Op 23 Februarie 2005 skenk die Nasionale Lotery (Lotto) voldoende fondse om die restourasie-proses moontlik te maak. Twee jaar later, op 26 Februarie 2007, is die Breytenbach Sentrum – met sy klassieke argitektuur en unieke, ouwêreldse sjarme - geopen. Met die grootse finansiële hulp van dr. Johann Rupert en mnr. Ton Vosloo, is die Breytenbach Sentrum in staat gestel om in 2008 volstoom weg te spring met vele bemagtigingsprojekte.

Persvrystelling: Tuin van Digters | 27‒29 November 2020

Breytenbach Sentrum Feeste 2020-11-13

Kom sluit oop die grendels en slotte by die Tuin van Digters in Wellington op 27, 28 en 29 November 2020.

Breytenbach Sentrum se skryfskool (2017–2018)

Breytenbach Sentrum Skryfsake en rubrieke 2017-10-11

Aansoeke vir die Breytenbach Sentrum se vierde skryfskool sluit 20 Oktober. 

Persversklaring: Nuwe boek oor Breytenbach Sentrum – ter viering van tien jarige bestaan

Breytenbach Sentrum Boeke en skrywers 2016-11-10

Die Breytenbach Sentrum op Wellington beplan om volgende jaar ’n boek uit te gee wat hierdie instansie se stories, bydraes en identiteit – alles soos gesien deur die oë van verskeie rolspelers, stigterslede, besoekers en die breë publiek – sal weerspieël. Jou bydrae kan in die boek verskyn.

Tuin van Digters 2014: Volledige program

Breytenbach Sentrum 2014-07-29  Die Breytenbach Sentrum se Tuin van digters-fees 2014 vind plaas op 13 en 14 September. 

Video: Breyten Breytenbach katalekte-bekendstelling

Breytenbach Sentrum 2013-06-21 Kyk na 'n YouTube-video van die bekendstelling van Breyten Breytenbach se bundel katalekte.
Top