Bernard Lategan

Bernard C Lategan is die stigtingsdirekteur van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS). Hy het ’n opleiding in Klassieke tale en Nuwe Testament en het daarna in hermeneutiek gespesialiseer. Naas hierdie gebiede het hy ook gewerk oor regshermeneutiek, historiografie, waardestudies, diversiteitsbestuur, sosiale verandering en identiteitsvorming. Hy was dosent aan die Universiteite van Wes-Kaapland, Göttingen, Hamburg en Stellenbosch, waar hy ook dekaan van Lettere en Sosiale Wetenskappe was. Van 1999 tot 2008 was hy direkteur van STIAS.

Die geval van Romeine 13:1–7: Carien Smith gesels met Bernard Lategan

Carien Smith, Bernard Lategan Onderhoude 2016-03-17

"Owerhede mag wel hul gesag van God ontvang, maar dan rus die verpligting op hulle om as dienaars van God op te tree en die goeie te dien. As hulle hierdie roeping versaak en hul mag misbruik, verval die verpligting om gehoorsaam te wees en word burgerlike ongehoorsaamheid ’n praktiese opsie."

Towards a more open and “pragmatic” reading of Romans 13:1–7?

Bernard Lategan Academic research 2015-09-01

"Romans 13:1–7 is a controversial text which continues to generate a wide spectrum of pro- and contra-readings. The passage raises (among others) questions regarding power and the origin of power, church and state, submission to authorities, civil disobedience and the pursuit of the common good."

’n Verskuiwing na ’n oper en meer “pragmatiese” lees van Romeine 13:1–7?

Bernard Lategan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-08-26

"Romeine 13:1–7 bly ’n omstrede teks wat voortgaan om ’n groot verskeidenheid (dikwels botsende) interpretasies op te lewer. Die gedeelte roep vrae op oor mag, die verhouding tussen kerk en staat, onderwerping aan wat as ’n onregverdige regering ervaar word, burgerlike ongehoorsaamheid en nog meer."

Bernard Lategan sit die identiteitsdebat voort

Bernard Lategan 2014-11-06 "Dit is nie bloot in die verstaan van wyer identiteitsmoontlikhede, of selfs in die empatie met die ander, dat verruiming ’n werklikheid word nie – dit gebeur slegs as ek in terme van hierdie nuwe identiteit optree."

“Ek is ...”: Oor die problematiek van enkelvoudige en meervoudige identiteit

Bernard Lategan 2014-08-21 Bernard Lategan ondersoek die moontlikhede van ’n meervoudige identiteit en oorweeg geskikte strategieë om meervoudige identiteitsvorming te bevorder.

Oor die veelduidigheid van tekste

Bernard Lategan LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-02-14

"Met die fokus op religieuse, en meer spesifiek bybelse, tekste ondersoek die artikel die interne oorsake van veelduidigheid vanuit ’n taalkundige, literêr-teoretiese, historiografiese en filosofiese perspektief en kom dit tot die slotsom dat dit ’n onomseilbare gegewe in die huidige opset is met sowel positiewe as negatiewe dimensies."

Top