Annette van der Westhuizen

Gebore, grootgeword en gestudeer in Pretoria.
Grootste deel van onderwysloopbaan by Laerskool in Secunda.
Laaste twee jaar by 'n skool vir gestremdes. Verstandelik gestrem en sommiges doof, maar normaal lerend. Dis oor dié skool wat ek insidente neergeskryf het, dikwels oor die dowes wat so diep onder my vel ingekruip het.

Twee vriende

Annette van der Westhuizen 2014-05-20 Hulle gaan toe na haar klas toe en “vra” of hulle asseblief die klere (daar is nie ’n gebarewoord vir “onderbaadjie” nie – klere is klere, vir hulle in elk geval) kan aantrek en of sy ’n foto sal neem.

Verrassingspakkie

Annette van der Westhuizen 2014-02-27 "Yolanda sit die plastiekbekers neer en plaas die ou wit servetjies mooi daarin. Promise het iewers ’n klein wit verskoning vir ’n tafeldoek gaan haal. Die organza rangskikkings word tussen die koek gedrapeer."

CP het 'n naam

Annette van der Westhuizen 2014-02-04 Die hele program kom tot stilstand. Die afsetter roep: “Merke, gereed, gaan!” Lina stoot hom. Van agter af word daar aangemoedig: “Go, Lina, go!” By die wenpaal wag ’n skare hom in. Hy is ’n wenner. Foto’s word geneem. ’n Medalje om die nek gehang.

Besoek uit Engeland

Annette van der Westhuizen 2014-01-15 "Toe sy by ons klas kom het ’n paar van hulle vrae gehad. Karabo vra of die vliegtuig nie geval en 'gecrash' het nie. Sihle vra wat is haar gebarenaam. Hy is so opgewonde oor die vreemde vrou dat hy wil hê ek moet vir die ouers ook daarvan vertel en ’n brief in die kantoor laat tik."

Lubbel

Annette van der Westhuizen 2013-11-11 "Dit was slegte nuus vir my, want ons het nie behoorlik gegroet nie. Ek laat weet haar dat sy asseblief moet skool toe kom, en hom saambring, dat ons kan groet en om sy gehoorstukkies te kom haal."

Eerste dag

Annette van der Westhuizen 2013-10-25 "Ek word by die dowe klas ingedeel. Hulle kort ’n tweede klas. Daar is 16 dowes, heeltemal te veel vir een persoon (dit het ek binne ’n paar minute agtergekom)."
Top