Annette Jacobs

Annette Jacobs is ’n afgetrede onderwyser. Sy verwerf die Transvaalse Hoër Onderwys Diploma by Potchefstroom Onderwys Kollege (Wiskunde en Drama) waarna sy haar onderwysloopbaan as Wiskunde-onderwyser in Gauteng begin. Sy verhuis later na die Wes-Kaap waar sy die laaste 23 jaar van haar loopbaan deurbring by Hoërskool Citrusdal, waar sy ’n verskeidenheid vakke/leerareas aanbied.

Na die nuwe benadering in onderwys wat in 2000 in werking getree het, spits sy haar toe op veral Kuns en Kultuur en onderrig al die onderafdelings. Sy gee veral aandag aan die interaksie tussen die mens en die kunste en hoe mense die verskillende kunste kan aanwend om hulle gedagtes, probleme, vrese en traumatiese gebeure op ’n taktvolle en wettige wyse aan die buitewêreld bekend te maak.

Op buitemuurse vlak organiseer sy redenaarskompetisies en rig leerders af vir deelname aan die ATKV-kompetisies. Sy is ook vir 22 jaar die hooforganiseerder van die Citrusdal Eisteddfod en die daaropvolgende prestigekonsert, terwyl sy ook die leerders voorberei vir deelname aan hierdie en ander Eisteddfods. Sy onderskei haar gedurende haar onderwysjare ook as regisseuse van ’n verskeidenheid toneelstukke, asook ander verhoogwerk, onder andere operettes, spreekkore en dansdramas.

Na haar aftrede verhuis sy na haar huisie by die see, en geniet tans haar kinders en kleinkinders.

  • Foto: verskaf

Desiderabilis

Annette Jacobs Poësie 2021-05-12

"en jou eindelik gevind
tussen die blomme
in my hart se bêrelaaie"

Herinnering in kleur

Annette Jacobs Poësie 2021-05-12

"Noudat jy weg is
is my wêreld ontvolk
en ’n eensame, kleurlose plek."

Top