
My kennismaking met Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui
2024-12-02"Ek het die essensie van sy Zen-houding my eie gemaak: om in die hier en die nou te lewe; om elke verskynsel as ’n blommetjie in die liggaam van Boeddha te beskou – alles ewe belangrik en alles met bewussyn deurtrek; om te weet dat niks ooit finaal is nie maar ’n ewige kringloop. Ook die lewe en die dood. Jin en jang – lig en donker, goed en kwaad, lewe en dood, verhewe en platvloers – die een bestaan in terme van die ander, nie as teenoorgesteldes en teenstrydighede nie."

’n Pad met Danie van Niekerk
2022-02-11Annari van der Merwe skryf oor haar pad saam met oud-uitgewer Danie van Niekerk: "Tafelberg was ’n hawe van vrede en verdraagsaamheid. Wit en bruin, Christen en Moslem, mans en vroue, oud en jonk het rustig skouer aan skouer hul dagtake verrig."

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Annari van der Merwe se bydrae
2020-08-26"Dit is vir my wonderlik dat ná al die jare van vriendskap ons gesprekke nooit in net ditjies en datjies verval het nie."

Karel Benjamin se storie
2020-07-09"Staan uit die water uit! (Kwela Boeke, 1996) is waarskynlik die eerste boek in Afrikaans oor ’n werkersgemeenskap wat van binne uit geskryf is deur ’n volmondige lid van daardie gemeenskap ... Karel Benjamin gebruik die uitsonderlikste Afrikaans [wat] ryk is aan uitdrukkings onbekend aan ons ... Inderdaad ’n outentieke nuwe stem in Afrikaans. En ’n nuwe soort skrywer in Afrikaans."

Charles Fryer: 1946–2014
2014-11-17 "Soms was daar ’n stuitige gelag te hoor uit die fiksiehoek, ander kere weer ernstige argumentasie, want uitgeebesluite is nie ligtelik geneem nie. Al wat min of meer in oorweging gebring is, was die meriete van ’n manuskrip, of die uitgee daarvan so noodsaaklik was dat dit die afkap van ’n boom regverdig het."
Paul Viljoen (1931–2012)
2012-02-09 Ek het eers op sy oudag werklik met Paul Viljoen kennis gemaak, al het ek hom van kleintyd af van sig geken. Ons het in dieselfde Karoo-distrik grootgeword, en op ’n klein dorpie weet die kinders altyd van die grootmense, veral as die ander grootmense oor hulle praat.