Anke Irene van der Merwe

Anke Irene van der Merwe is gebore en getoë in die Paarl. Sy het haar BA-graad in taal en kultuur (2016), honneurs in joernalistiek (2019) en MA in interkulturele kommunikasie in die Departement Algemene Taalwetenskap (2020) aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het haar doktorsgraad onder leiding van Amanda Marais in die Departement Afrikaans en Nederlands voltooi en in 2025 ontvang. Die titel van haar proefskrif is “’n Diakroniese korpusondersoek na die voorkoms van laatwerk in die poëtiese oeuvre van Breyten Breytenbach”.

Met haar meestersgraad was die navorsingsfokus op die sosiolinguistiek, virtuele voedsellandskappe en Afrikatale. Sy is ’n beurshouer van die Nasionale Navorsingstigting (MA-graad) en die Ton Vosloo en Anet Pienaar-Vosloo-beurs (PhD). Verder was sy in 2018/2019 sportredakteur van die US se kampuskoerant Die Matie (die redaksie het ’n ATKV-Mediaveertjie ingepalm vir die beste kampuskoerant).

Identity and late style in Breyten Breytenbach’s poetry: a corpus analysis

Anke Irene van der Merwe Academic research 2026-02-02

"For the purposes of the larger study, Breytenbach’s entire Afrikaans poetic oeuvre is divided into four periods which are compared with each other to determine whether signs of late style are present, and if so, which type(s) of late style can be identified."

Laatwerk en identiteit in die poësie van Breyten Breytenbach: ’n korpusondersoek

Anke Irene van der Merwe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-02-02

"Hierdie artikel spruit uit die navorsing wat onderneem is vir ’n omvattende ondersoek wat Breyten Breytenbach se volle Afrikaanse poëtiese oeuvre verdeel het in vier tydperke wat met mekaar vergelyk is ten einde vas te stel of tekens van laatwerk opgemerk kan word en, indien wel, as watter soort laatwerk dit getipeer kan word."

Breyten Breytenbach’s early and prison poetry: a comparative stylistic analysis

Anke Irene van der Merwe Academic research 2024-05-01

"This article focuses on an interesting phenomenon that was noticed regarding the first parameter, namely that there are considerable stylistic differences between the first two phases of Breytenbach’s oeuvre: the early poetry and the prison poetry."

Breyten Breytenbach se vroeë en tronkpoësie: ’n vergelykende stilistiese ondersoek

Anke Irene van der Merwe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-05-01

"Dié artikel fokus op ’n fassinerende verskynsel wat ten opsigte van die eerste parameter opgemerk is, naamlik dat daar aansienlike stilistiese verskille is tussen die eerste twee fases van Breytenbach se oeuvre: die vroeë poësie en die tronkpoësie."

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Anke van der Merwe

Naomi Meyer, Anke Irene van der Merwe Onderhoude 2024-01-30

"Die ikoniese Breyten Breytenbach se Afrikaanse poësie en laatwerk, en korpuslinguistiek is die fokuspunte van my navorsing."

Huis, woning, tuiste: Anke van der Merwe se inskrywings

Anke Irene van der Merwe Skryfkompetisies 2017-01-13

Lees Anke van der Merwe se inskrywing vir LitNet se gedigkompetisie: Huis, woning, tuiste.

Top