André is ’n koordirigent van Durbanville, Kaapstad. Hy is die koorleier van die Stellenbosch Universiteitskoor (vanaf 2003) en die Stellenberg Meisieskoor (sedert 1999). Hy is ook koordirigent van Voces Cordis-koor sedert 2022. Onder sy leiding het sy kore verskeie nasionale en internasionale pryse verower.
Eerbewyse en prestasies sluit in:
- André se verwerkings van inheemse Afrika-musiek word uitgegee deur Earthsongs in die VSA.
- André is sedert 2012 die Suid-Afrikaanse afgevaardigde op Interkultur se Wêreldkoorraad.
- In Mei 2012 ontvang André ’n eerbewys van die stad Kaapstad vir sy werk.
- In November 2012 word André vereer met ’n Ministeriële toekenning vir Kultuur van die Wes-Kaapse regering vir sy werk met kore en die jeug.
- In Julie 2018 wen André die prys as beste dirigent by die Llangollen Internasionale Eisteddfod in Wallis.
Onlangse internasionale optredes as gasspreker, beoordelaar en dirigent sluit in:
- Spesialiskenner en lid van die beoordelaarspaneel vir die Britse TV-produksie Cor Cymru (Februarie – April 2013)
- Gasdirigent en -dosent by die Somerskool vir Kore van die Ioniese Universiteit, Griekeland (Junie 2013)
- Beoordelaar en spesialiskenner van die Portugese Somerkoorfees, aangebied deur die Escola Superior de Musica de Lisboa (2013 – 2015)
- Beoordelaar en spesialiskenner van die Llangollen Internasionale Eisteddfod, Wallis (2013 & 2014)
- Gasdirigent en -dosent by die Taipei Internasionale Koorfees en die Taipei Filharmonie (Augustus 2013)
- Vanaf 2016 – 2018 is André betrokke by musiekfeeste en kompetisies in China, Singapoer, Rusland, Wallis, Italië, Duitsland, Japan en Indonesië.