André Myburgh

André Myburgh is ’n afgetrede Suid-Afrikaans-gekwalifiseerde prokureur en erelid van die South African Institute of Intellectual Property Law, woonagtig in Switserland. In sy praktyk het hy in intellektuele goederereg, spesifiek in kopiereg, gespesialiseer, en hy is die hoofskrywer van Copyright Reform or Reframe? (Juta, 2023), ’n omvattende regsanalise van die Wysigingswetsontwerpe vir Outeursreg en vir Beskerming van Voordraers. 

Copyright Reform or Reframe? is gratis beskikbaar om aanlyn te lees: https://juta.co.za/uploads/Copyright_Reform_or_Reframe/ en daar het hier ’n resensie daaromtrent op LitNet verskyn: https://www.litnet.co.za/book-discussion-copyright-reform-or-reframe/#comments.

  • Die foto van André Myburgh hierby, is deur hom verskaf en wys waar hy in ’n kafee in Genève hard aan die werk is aan hierdie saak.

Amendment of the amendment of the Copyright Amendment Bill?

Naomi Meyer, André Myburgh Interviews 2026-07-03

"The consequences of the Court’s decision are that uncertainty over the constitutionality of numerous provisions of the Bills will persist after their adoption and entry into force, and creators and owners of copyright works will have to turn to the courts time and again to protect the rights in their works."

Wysiging op wysiging van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg?

Naomi Meyer, André Myburgh Kopiereg-wetsontwerp 2026-07-01

"Die gevolge van die hof se besluit is dat onsekerheid oor die grondwetlikheid van ’n menigte bepalings van die wetsontwerp sal voortduur na hul aanname en inwerkingtreding, en skeppers en eienaars van kopieregwerke sal hul keer op keer tot die howe moet wend om die regte in hul werk te beskerm."

Top