André Gerber

André Gerber is ’n jong teaterregisseur en skrywer. In 2012 neem hy saam met Christiaan Olwagen die eerste keer aan ATKV Tienertoneel deel, en wen in daardie jaar en in 2013 die Tienertoneelkompetisie. In 2014 maak hy sy feesdebuut by die KKNK onder die alternatiewe teaterprogram Deurbraak met die musiekspel Boris Gudinuff. Dieselfde jaar vertoon sy en Christiaan Olwagen se Tienertoneel-wenproduksie ook by die KKNK, ’n musiekspel getiteld Sneeuwitjie en die sewe zombies. In 2015 debuteer hy met ... van ons vaders by die US Woordfees en wen hy weer die Tienertoneelkompetisie met sy verbatimteaterstuk vyf: ’n dokumentêr, wat in 2016 ook by die KKNK te sien was. Hy het ook in 2016 die Tienertoneelkompetisie se wenproduksie se teks geskryf, getiteld FRAGMENT, wat in 2017 ook by die KKNK te sien was. In 2017 voltooi hy sy PhD in drama- en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy vir die boek en regie van ’n nuwe Afrikaanse musiekspel, getiteld Fees, verantwoordelik was. Sy laaste Tienertoneelproduksie, Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed], is in 2017 as die naaswenner van ATKV-Tienertoneelkompetisie aangewys. André bied ook in 2017 en 2018 die ATKV-Tienertoneelteksskryfskool aan en doseer regie, toneelspel en teaterskepping in die Departement Drama van die Universiteit Stellenbosch.

Die intieme musiekspel: ’n onderhoud met André Gerber en Petrus du Preez

Marli van Eeden, André Gerber, Petrus du Preez Onderhoude 2018-11-27

"Vir ons as teatermakers bly die vraag altyd: Hoekom moet ons dié storie vertel?"

The origin, development and aesthetics of the intimate musical, and Fees (Festival) as an Afrikaans example

André Gerber, Petrus du Preez Academic research 2018-09-27

"The authors conclude that the intimate musical is a viable model for musical production in the financially constrained Afrikaans theatre industry, but that further research and practical work can be done in order to expand on the initial model presented in this article."

Die oorsprong, ontwikkeling en estetika van die intieme musiekspel, en Fees as ’n Afrikaanse voorbeeld

André Gerber, Petrus du Preez LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-09-27

"Waar die gebrek aan genoegsame befondsing vir grootskaalse musiekspele dikwels ontbreek, is die intieme musiekspel ’n geskikte vorm om kleiner, meer intieme onderwerpe te ondersoek."

Top