Ancheri Götze

Ancheri Götze is ’n voltydse hoërskoolonderwyseres wat Afrikaans Eerste Addisionele Taal, asook Rekenaartoepassingstegnologie, onderrig. Sy werk die afgelope vier jaar by die Duitse Internasionale Skool in Kaapstad, waar sy ook die posisie van departementshoof van Afrikaans beklee. Sy vermeng haar passie vir taal en tegnologie in haar PhD-studie, waarmee sy tans deeltyds besig is en wat sy hoop om in 2024 te voltooi. Haar navorsingsfokus is op Afrikaanse taalverwerwing en hoe toepassings die aanleer van Afrikaans kan vergesel. Ancheri verwerf die volgende kwalifikasies by die Universiteit Stellenbosch: MA (cum laude), Nagraadse Onderwyssertifikaat (cum laude), Nagraadse Diploma in Dokumentanalise en -ontwerp, asook ’n BA in Taal en Kultuur. Haar langtermyndoelwit is om haar navorsing voort te sit deur tot die akademie toe te tree.

The use of Instagram in a task-based blended-learning approach for Afrikaans language acquisition students

Ancheri Götze Academic research 2024-07-30

"My research focused on the use of Instagram within a task-based blended-learning approach to help Afrikaans language acquisition students to learn new vocabulary."

Die gebruik van Instagram in ’n taakgebaseerde gemengdeleerbenadering vir Afrikaanstaalverwerwingstudente

Ancheri Götze LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-07-30

"Die artikel bied nuwe idees oor hoe ’n sosialemediaplatform, naamlik Instagram, in die Afrikaanstaalverwerwingsklaskamer gebruik kan word om die aanleer van nuwe woordeskat te bevorder."

USAN 2022 – ’n onderhoud met Ancheri Götze

Naomi Meyer, Ancheri Götze Onderhoude 2022-07-19

"My navorsing val binne die veld van Afrikaanstaalverwerwing. Ek het vir my MA-verhandeling ses taakgebaseerde lesse ontwerp waar Instagram as ’n digitale hulpmiddel gebruik word om Afrikaanse woordeskat aan te leer, te oefen en ook aan nuwe woorde blootgestel te word."

Top