Aletta Simpson

Aletta Simpson studeer geesteswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy skryf soms vir Netwerk24 se Die Student. Verder is sy ook ’n vryskutillustreerder. Sy dien in die Departement Afrikaans en Nederlands se studentevereniging, VER[r]AS (Vereniging vir Afrikaansstudente). Haar passies is filosofie en literatuur.

USAN 2022 – ’n terugblik met Aletta Simpson

Naomi Meyer, Aletta Simpson Seminare en essays 2022-06-14

"Noudat ek dikwels dink oor humor en postkolonialisme, ontsluit dit vir my ’n heel nuwe aspek van Afrikaans. Dink Evita Bezuidenhout, David Kramer en Taliep Petersen, Adam Small, Nataniël, Schalk Bezuidenhout, Casper de Vries, Loukmaan en Emo Adams, Joe Barber, Vetkoekpaleis."

Annie Klopper “sing soos sy gebek is”

Natasha Harmse, Aletta Simpson Boeke en skrywers 2018-10-05

"Die konstante interaksie tussen feit en fiksie plaas weer eens klem op die outentieke aard van die roman, iets wat Annie, met verwysing na hip-hop, beskryf as 'keeping it real'." Lees hier oor Ryan Pedro se gesprek met Annie Klopper en kyk ook na ’n video-opname van die gesprek.

Top