Augustus

  • 1

Augustus
skop sand en skarrel
dwarrelend rond met droë blare
beur teen elke deur
skryf teen ratelende rame
grimas
grawe stof
uit loopslootjies
ver vergete hope oop
en grintspat
wit dae

Augustus raap
die winter op

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top