ATKV-Woordveertjies 2011

  • 0

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 9 September by Nooitgedacht net buite Stellenbosch aangewys. Die Woordveertjies is vanjaar vir die vierde keer aangebied.

Vyftien Woordveertjies is toegeken vir uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Die gasvrou vir die aand was Ruda Landman en die rooi tapyt is behoorlik uitgerol om aan die uitgesoekte groep gaste ’n onvergeetlike aand van feesviering en puik woordkuns te bied. 

Die beoordelaars vir die ATKV-Prosaprys was: Thys Human, Alfred Schaffer en Riana Scheepers met die wenner: Abel se ontwaking deur Chris Karsten (Human & Rousseau).

Die beoordelaars beskryf dié werk as ’n slim, uiters leesbare roman wat die leser enduit boei en aan die wonder hou. Een van die grootste verdienstes van die roman is egter die taalgebruik – keurig, ekonomies, energiek en soms selfs poëties. 

Die kategorie Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Leti Kleyn, Elize Parker en Ilse Salzwedel met die wenner: Vier seisoene kind deur Wilna Adriaanse (Tafelberg). Vier seisoene kind is modern, beweeg teen ’n lekker pas en is vol driedimensionele, geloofbare karakters. As liefdesroman hoef die boek nie ’n tree terug te staan vir internasionale werk in hierdie genre nie. ’n Lekker, boeiende lees tot op die laaste bladsy.

Die Prys vir Poësie is beoordeel deur Marius Crous, Karen de Wet en Danie Marais met wenner: Ligloop deur Tom Gouws (Human & Rousseau).

Gouws is bekend vir sy intertekstuele digkuns en hierdie bundel is geen uitsondering nie.

Die bundel getuig van deurdagtheid en ’n ryper digterskap.

Die Prys vir Romanses se beoordelaars was: Yolanda Barnard, Annamarie Steenekamp en Rianda Stolk. Vanjaar gaan die ATKV-Woordveertjie aan: Lied in jou hart deur Jacolet van den Berg (LAPA Uitgewers).

Die skryfster het daarin geslaag om ’n amper ondenkbare, onwaarskynlike situasie en liefdesverhouding, dié tussen ’n gewone Afrikaanse meisie en ’n beroemde, internasionaal bekende sanger, geloofwaardig te beskryf. Daar is ’n sterk storielyn en sy het haar karakters so geskep dat mens met hulle kan identifiseer en empatie kan hê.

Die kategorie Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Marlize de Jongh en Linda Zöllner met die wenner: Abel se ontwaking deur Chris Karsten (Human & Rousseau).

In die woorde van die beoordelaars: “Wanneer ’n mens hierdie boek lees, besef jy opnuut hoe mooi Afrikaans eintlik is en dat dit baie suksesvol op sy eie gebruik kan word sonder allerlei kru taal en vermenging. Die outeur se kennis van die menslike psige is ook uitsonderlik en die uitbeelding van veral Abel Lotz is uitstekend. Die outeur het ’n besonderse gawe om ’n storie te vertel en die spanningslyn boei die leser tot aan die einde. Welgedaan Chris!”

Prys vir Dramateks is beoordeel deur Saartjie Botha, Henry Mylne en Peet van Rensburg met die wenner: Babbel deur Nicola Hanekom.

Die beoordelaars is dit eens dat Babbel die groot toets van enige dramateks slaag: dat die leser met die lees daarvan so bewus word van al die moontlikhede in die opvoering daarvan dat mens nie kan wag om die teks te sien nie. Babbel is ryk aan metafoor, die teks het pragtige liriese ondertone en is kompleks sonder om vervreemdend te wees.

Woordwystoekenning vir Woordeboeke en Taalgidse is beoordeel deur Willem Botha, Leon de Stadler en Frikkie Lombard met die wenner: My HAT Storiewoordeboek met Linda Rode as redakteur (Pearson).

Die beoordelaars was beïndruk deur die kindervriendelike bladspieël en uitleg van My HAT Storiewoordeboek. Dié woordeboek se teikenmark is kinders wat nog nie self kan lees nie, alhoewel kinders wat reeds kan lees ook daarby sal baat omdat die woordeboek daarop gerig is om kinders se woordeskat uit te brei.

Wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings van 2011:

In hierdie afdeling stem die kinders self vir hulle gunstelingboeke.

Voorleeskategorie: 3 – 6 jaar

  • Skrywer: Theresa van Baalen, Karla Krullebol (LAPA Uitgewers)
  • Illustreerder: Chris Venter, Karla Krullebol (LAPA Uitgewers)

Selfleeskategorie: graad 1 – 3

  • Skrywer: Keina Swart, Hoekom praat grootmense so snaaks? (Protea Boekhuis)
  • Illustreerder: Maja Sereda, Hoekom praat grootmense so snaaks? (Protea Boekhuis)

Selfleeskategorie: graad 4 – 5

  • Skrywer: Jaco Jacobs, Harlekyn (Tafelberg)
  • Illustreerder: Alistair Ackermann, Agent Snoet en die Groen Genugtig (LAPA Uitgewers)

Selfleeskategorie: graad 6 – 7

  • Skrywer: Fanie Viljoen, Nova (LAPA Uitgewers)

Selfleeskategorie: graad 8 – 10

  • Skrywer: Nerine Ahlers & Alet Steenkamp, Liefde is ... (LAPA Uitgewers)
 
Die tafels was gedek vir 'n fees.
Deon en Wilna Adriaanse met Marga Collings en Anita van Zyl
Christo en Merlyn van der Rheede met Emerentia en Steward van Wyk
Johann Symington, Elias en Julia Nel en Gerrie Lemmer
Ebwin Rode, Janita Holtzhausen en Pieter van Coller
Theresa van Baalen, Thia Ferreira, Donnay Torr en Marga Jonker
Sylvia van der Westhuizen, Conrad Sidego en Pieter van der Westhuizen
Pieter Scholtz en Hester Carstens
Marlise Joubert, Gerrit Rautenbach en Naomi Bruwer
Elna van der Merwe, Derek Carelse en Riki Roos
Elmari Rautenbach met Jacolet en Ernst van den Berg
Die Solms Delta Soetstemme
Pieter van der Westhuizen vermaak die gehoor.
Die Solms Delta Soetstemme
Wilna Adriaanse en Elmari Rautenbach Keina Swart en Fiona van Kerwel
Danie Marais en Tom Gouws
Janita Holtzhausen neem die Prosaprys namens Chris Karstens in ontvangs. Hettie Scholtz het die prys oorhandig.
Theresa van Baalen en Fiona van Kerwel
Jacolet van den Berg en Elmari Rautenbach Nicola Hanekom en Brett Pyper
Linda Rode, Sandra Visser en Willem Botha
Alet Steenkamp, Nerine Ehlers en Fiona van Kerwel
Fanie Viljoen en Fiona van Kerwel
Alistair Ackermann en Fiona van Kerwel
Jaco Jacobs en Fiona van Kerwel
Nicola Hanekom en haar Woordveertjie
Sandra Visser, Tom Gouws, Wilna Adriaanse, Nicola Hanekom, Jacolet van den Berg, Linda Rode, Janita Holtzhausen (namens Chris Karsten).
Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Maya Sereda, Alet Steenkamp, Nerine Ehlers, Chris Venter, Keina Swart, Alistair Ackermann en Theresa van Baalen het almal Kinderboektoekennings ontvang.
Maya Sereda, Alet Steenkamp, Nerine Ehlers en Keina Swart.
Wilna Adriaanse en Keina Swart
Tom Gouws, Wilna Adriaanse, Nicola Hanekom, Jacolet van den Berg en Janita Holtzhausen (namens Chris Karsten).
Keina Swart en haar man
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top