
Voor vlnr: Trevor Nasser en Rina Hugo. Agter vlnr: Sakkie Kotze (ATKV Centurion), Paul Jordaan, Jammies Jamneck, Fanie Vosloo (Huis Oase) en Hennie Smit.
ATKV-vriende ondersteun Huis Oase
Verskeie jarelange ATKV-vriende (sangers en musikante) het die afgelope naweek Huis Oase ondersteun en aan die Musiekfees deelgeneem.
ATKV Centurion het Huis Oase al by verskeie geleenthede ondersteun. Sakkie Kotze en Fanie Vosloo verskyn hier saam met van die ATKV-vriende wat ten bate van Huis Oase opgetree het.

