ATKV-skryfskool vir ontluikende dramaturge

  • 0

Jong en opkomende dramaturge het van 13 tot 15 Maart ’n skryfskool van die ATKV bygewoon. Die skryfskool is by die Shumba Valley Lodge naby Lanseria-lughawe aangebied. Vir drie dae lank is daar aan dramatekste geskryf en geskaaf onder leiding van kundiges. 

Die kursusaanbieders was dr Pierre-André Viviers (beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks 2012), Johann Smith (beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks 2008 en 2011, draaiboekskrywer vir 7de Laan) en Tina Kruger (medeskrywer van die rolprent Leading Lady en die jeugdramaSterlopers, skrywer van tonele soos Slotte en Grendels, NX Brieweboks en Kaaskenades). Schalk Schoombie (Anglogold Ashanti Aardklop Smeltkroesprys in 2012 vir die beste nuwe dramateks, naaswenner van die Tienertoneelteksprys in 2013, draaiboekskrywer vir Binnelanders), prof Marie-Heleen Coetzee (hoof van die Dramadepartement van die Universiteit van Pretoria) en Christo Compion (draaiboekskrywer vir Egoli en Villa Rosa, asook die rolprente, Egoli, Afrikaners is plesierig en Susanna van Biljon) het lesings aangebied.

Esmé de Wet saam met kursusaanbieder Tina Kruger.

Die aspirantdramaturge het meer geleer oor die agtergrond van teater, styl, genre, karakterisering, dialoog en storielyn, en het ook wenke vir dramaskryf ontvang.  Die fokus was die praktiese skryf van eenbedrywe.

Die kursusgangers was Alet Venter, Anphia Grobler, Chantél Robijn, Chrisna Grobler, David Brink, Deirdré Strauss, Eldiré Strauss, Elmé Ravenscroft, Esmé de Wet, prof Franci Greyling, Hanlie Thiel, Helmine le Roux, Ina Jansen van Vuuren, Ina Cherie Vermaak, Justin Dreyer, Marcel van Niekerk, Marianne Mathee, Marius Wentzel, Rocé Fourie, Monica Herbst, Nelda Opperman, Nerine Ahlers, René de Beer, Rita Liversage, Ronelle van Heerden, Ryno Nortjé en Vanessa Venter.

Die ATKV het sedert 1984 tot 1992 herfsskole vir dramaturge aangebied. Van die persone wat al betrokke was by hierdie skryfskole is: Pieter Fourie, PG du Plessis, Bartho Smit, Chris Barnard, Hennie Aucamp, prof Nico Luwes, Casper de Vries, Pieter-Dirk Uys, Jannie du Toit, Laurika Rauch, Marthinus Basson, Richard van der Westhuizen, Coenie de Villiers, Elzabé Zietsman en Gerrit Schoonhoven. Meer as twintig jaar later bemagtig en inspireer die ATKV weer dramateksskrywers.

Ilne Fourie, bekroonde dramaturg en aktrise, se boodskap aan skrywers: “Solank daar mense is sal daar altyd stories wees – vir ons, vir ons kinders en hulle kinders se kinders. Die mensdom is tydloos, en so ook hulle stories. Vir altyd.”

Johann Smith, kursusaanbieder, fasiliteer ’n groepsbespreking.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top